Dakloos: ‘Julle het 10 minute’

Please log in or register to like posts.
News
Dakloos: ‘Julle het 10 minute’

DIE polisie van Macassar ondersoek ’n saak van kwaadwillige saakbeskadiging nadat ’n man ’n plakkershut bo op die inwoners met ’n trekker plat gestoot het.Volgens die polisie het die voorval Woensdagmiddag op ’n oop stuk grond oorkant die Firgrove-stasie plaasgevind. Die persoon het glo in opdrag van die eienaar van die stuk grond opgetree.Johannes en Doreen Willemse, albei 46, sê hulle en hul ses kinders woon al ag jaar op die perseel. Die jongste kind is vier jaar oud.Johannes sê hulle het eers in Faure gewoon, maar het hierheen getrek toe hy ’n werk as veewagter gekry het. Johannes sê: “Ek en van die kinders het gelê toe iemand roep ons moet uitkom. “Die man het gesê ons het net tien minute om te maak dat ons wegkom.“Toe ek buite kom, was daar ’n trekker wat dadelik ons hok omgestoot het.”Baie van hulle goed is in die proses beskadig en hulle het ook hulle persoonlike dokumente verloor.John Fourie, ’n aktivis en gemeenskapleier van Firgrove­, sê hulle gaan nie toelaat dat dié persoon hiermee wegkom nie. Volgens hom is daar reeds met die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie geskakel om die saak te ondersoek.Hulle het ook materiaal gekry om weer die mense se hok op te rig sodat hulle ’n dak oor hul koppe kan hê.Rhoda Basier van die ANC sê hulle gaan alles in hul vermoë doen om te help.

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.