Davids steeds in skok | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Davids steeds in skok | Die Son

ZAIN Davids kan nóú nog nie glo hy is Sondag gevra om die Blitsbok-kaptein, Philip Snyman, in die beginspan van laas naweek se sewesrugbytoernooi in Hamilton, Nieu-Seeland te vervang nie. Nou is die boorling van Grassy Park lus om meer speelkans in die Blitse se beginspan te kry. En hy hoef ook nie te lank te wag nie – Suid-Afrika speel die naweek in Sydney in die vierde toernooi van dié jaar se Wêreldreeks.Davids het gesê: “Dit was ’n groot verrassing toe coach (Neil Powell) my nader roep en sê ek gaan ’n wedstryd begin. “Ons is ’n groep wat vir mekaar uitkyk soos ’n familie en mekaar ondersteun, maar ek het regtig nie verwag dat ek ’n wedstryd sal begin nie. Philip is die kaptein.”Davids sê egter toe Snyman hom inlig dat hy Powell se besluit ondersteun, kon hy met selfvertroue op die veld draf.“Dit het baie vir my beteken toe ek hoor dat Philip die besluit ondersteun,” het Davids gesê.Hoogtyd“Ek was vasbeslote om te bewys dat ek die vertroue in my waardeer. Dit is groot skoene wat ek moet vul, maar ek wil net my beste doen om my nuwe rol te vervul.”Davids het nou al in 15 toernooie as Blitsbok gespeel, en volgens Powell is dit hoog tyd dat hy en ander spelers meer gereeld speelkans kry. Powell bou tans aan sy legkaart vir volgende jaar se Olimpiese Spele. Die Blitsbok-breier het ook al voorheen aangedui dat hy in Tokio ’n meer jeugdige span wil kies. Dit beteken dat spelers soos Snyman, Chris Dry, Kyle Brown, Cecil Afrika en Branco du Preez dalk aan die einde van die huidige seisoen nie meer deel van die planne sal wees nie. Hoewel Powell die bouwerk vir die Olimpiese Spele begin, weet hy dat selfvertroue ook ’n groot rol in die ontwikkeling van jong spelers speel.Die Blitse kon nog nie ’n toernooi dié seisoen wen nie.

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.