DBV kry nou Krismis gift

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIE Dierebeskermingsvereniging (DBV) van Uitenhage het ’n groot Krismis-present gekry.Die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit het eindelik sy verskuldigde geld in die DBV se rekening inbetaal.Dit beteken dié organisasie sonder winsbejag sal darem kop bo water kan hou tot einde Januarie.Maar wat daarna gaan gebeur, is nog onseker.Deidré Swift, voorsitter van die DBV in Uitenhage, sê sy is in die sewende hemel oor die betaling van meer as R160 000.“Desember is ons besigste tyd. Baie mense gaan op vakansie en los hulle diere hier. Ons tel ook rondloperdiere op en daar is baie mense wat hulle honde se puppies hierheen bring omdat hulle nie almal kan hou nie. Tans is die kennels vol,” verduidelik Swift.Maar die geld wat inbetaal is, is vir Julie en Augustus vanjaar, toe die huurooreenkoms tussen die DBV en die munisipaliteit nog in werking was.Die verleggingskontrak het intussen verval en teen September moes die munisipale hokke toemaak.Die DBV het egter nog oopgebly met behulp van donasies deur barmhartige mense en besighede.Swift sê hulle is voor gister se betaling in Junie laas betaal. Dit het die DBV hard geslaan, aangesien hy nie sy munisipale rekeninge kon betaal nie.Die DBV moes toe van sy eie geld gebruik maak om alles in stand te hou, die personeel te betaal en die troeteldiere te versorg.Volgens Swift kos dit maandeliks van R140 000 tot R150 000.“Die publiek was baie vrygewig en ons is dankbaar, want sonder hulle sou ons dit nie gemaak het nie.“Dis bemoedigend om te weet dat mense steeds oor diere se welstand omgee.“Dit was vir ons almal ’n emosionele roller coaster ride­ en ek kan uiteindelik snags slaap. Hierdie is die grootste Krismis-geskenk ooit,” sê Swift.Mthubanzi Mniki, munisipale woordvoerder, het bevestig dat ’n bedrag van R160 753,66 in die DBV Uitenhage se rekening in­betaal is.Mniki het gesê hy sal ondersoek instel na die hernuwing van die huur­ooreenkoms.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/dbv-kry-nou-krismis-gift-20181219

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.