Departement se lys ‘ruik na diskriminasie’

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIE departement van onderwys wil ’n databasis skep van ál die leerders wat lede is van die LGBTI-gemeenskap.LGBTI staan vir lesbiese, gay, biseksuele, transgender- en interseksuele persone.Die DA is glad nie beïndruk daarmee dat die departement se spesiale program-eenheid se hoofkantoor skole vroeër dié week beveel het om aan hom ’n lys van LGBTI-leerders te verskaf nie.OnreëlmatigEdmund van Vuuren, die DA se woordvoerder oor onderwys, sê die email sê die data wat ingesamel word, is bedoel vir ’n werksessie om bewustheid te skep oor die regte van LGBTI-mense.Dié werksessie sal op 30 Oktober by die Mpekweni Beach-hotel plaasvind. Daar word voorts in die email gesê net 10 leerders sal gekies word om dit by te woon, terwyl die res op die databasis gevoeg sal word.“Dis onreëlmatig, onverantwoordelik en onkonstitusioneel. Die skep van ’n databasis van leerders wat aan die LGBTI-gemeenskap behoort, is ’n skending van die privaatheid van dié leerders en in die verkeerde hande kan dit tot fisieke skade lei,” sê Van Vuuren.Hy sê al het Suid-Afrika al ’n ver pad met die regte van LGBTI-lede gestap, moet meer gedoen word om ’n veilige omgewing sonder diskriminasie in die werksplek, die skool en tuis vir hulle te skep. Hy sê dit moet veral gedoen word in gemeenskappe waar die risiko hoog is.Aanbieding“In die klimaat waar ‘korrektiewe verkragting’ en aanranding gebaseer op seksuele voorkeur alledaags is, kan hulle nie bekostig om dié gemeenskap verder te expose nie. “Dis omdat dit hulle sal expose aan ver­dere diskriminasie,” voeg Van Vuuren by.Die DA sê hy het nie ’n probleem met die aanbieding van so ’n werksessie met die doel om ander ’n beter idee te gee van dié diverse leefstyle en hoe om dit te hanteer nie.Teen druktyd het Mali Mtima, provinsiale onderwyswoordvoerder, nog nie op Son op Sondag se navrae gereageer nie.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/departement-se-lys-ruik-na-diskriminasie-20181020

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.