Die ding ruk in tjoekie

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIT is lekker in die St. Albans-tronk.Só lekker dat inmates sommer kan drank suip in die selle.’n Video het onlangs uitgelek waarin gevangenes klaarblyklik paartie in die tronk se Medium A-blok.’n Verhoorafwagtende word gewys waar hy lekker drink saam met sy tjommie.Die man wat iets drink wat soos sterk drank lyk, is geïdentifiseer as Shelton “Sella” Malgas. Die ander man wat by hom is in die video is glo Whaldred Cona. In die video luister hulle twee na rap-musiek terwyl hulle drink.Malgas staan saam met Elgershwin Goliath, Nealon Redhouse en Deon Harmse tereg op die moord van Donovan­ “Staal” Berry. verbode: Volgens Nobuntu Gantana, woordvoerder van korrektiewe dienste, word geen alkohol of selfone in die gevangenis toegelaat nie. Foto: sonBerry, wat ’n bendeleier was, is in 2016 meer as 30 keer geskiet in Barberryweg in Uitbreiding 31, Bethelsdorp.Dié saak is in die Baaise hooggeregshof tot dié maand uitgestel vir ’n voorverhoor. Drie jaar ge­lede het die departement van korrektiewe dienste opspraak gemaak toe hy selfoon-opsporing-tegnologie bekend gestel het. Die doel hiervan was om onwettige aktiwiteite in die selle hok te slaan.Dié foon wat die bogenoemde video geneem het, het tog in die tronk ingekom.Volgens die African News Agency het ’n informant gesê die mans in die video het na bewering die dood van ’n rival bendelid buite die tronk gevier in die tronk.In 2015 het die departement van korrektiewe dienste gesê die selfoon-opsporing-tegnologie is in ’n gevorderde stadium. In daai stadium het die departement gesê hy sal die tegnologie installeer by die Pollsmoor-gevangenis in Kaapstad, die Umzinto-gevangenis en Durban-Westville in KwaZulu-Natal, die Kgosi Mapuru II-gevangenis in Pretoria en by St. Albans. Nobuntu Gantana, streekwoordvoerder van departement van korrektiewe dienste, sê geen sterk drank of selfone word in die sentrums toegelaat nie.“Surprise searches word gereeld by die sentrum (St. Albans) uitgevoer en in September is daar vier sulke ondersoeke uitgevoer. In dié maand is ’n totaal van 67 selfone gekonfiskeer.”Gantana sê daar is geen selfoon-opsporing-tegnologie by St. Albans geïnstalleer nie.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/die-ding-ruk-in-tjoekie-20181003

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.