Dié noodtuig bring dood | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus
Dié noodtuig bring dood | Die Son

Update
Port Elizabeth

TOE die ambulans op die toneel aankom, was dit reeds te laat.Klein L-Jay Peterson (9) van Gelvandale in die Baaise noordelike gebiede is gister deur ’n nooddiensvoertuig doodgery.Die skool het net uitgekom toe die gru-ongeluk plaasgevind het op Standfordweg naby Windvogel. Peterson was ’n gr. 3-leerder van die Primêre Skool Republiek. Maandag sou hy sy verjaardag vier.Ambulanspersoneel het tevergeefs gekyk of daar nog tekens van lewe is, maar hulle het hom dood verklaar. Sy ouers is gaan haal en hartverskeurende snikke het die lug gevul toe hulle sy lewelose liggaampie op die teerpad sien.Omstanders sê die bestuurder van die nooddiensvoertuig het vinnig gejaag in die IPTS-buslaan sonder enige sirenes aan.skok: Sharon Williams, L-Jay Peterson se ma, kan nie glo sy het haar kind verloor nie.pyn: Lionel Peterson en sy vrou, Susan, is hartseer oor klein L-Jay se dood.Die seun se pa, Lionel, was te getraumatiseer om te praat.Peterson se ma, Sharon Williams, het lank op die toneel gehuil en geliefdes het suikerwater aangedra.Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, sê: “ ’n Skolier van die Primêre Skool Republiek is noodlottig beseer in ’n ongeluk op Standfordweg vandag.“Daar word beweer dat ’n groep skoolkinders omstreeks 13:45 by die pad gestaan en wag het om deur die skolierpatrollie begelei te word. “Die skolierpatrollie het verkeer gestop en L-Jay Peterson het oor die pad gehardloop. ’n Nooddiensvoertuig het in die IPTS-buslaan gery en nie gestop nie, en toe die kind getref.“Peterson is op die toneel dood,” sê Naidu.’n Saak van strafbare manslag word ondersoek.Die drywer van die nooddiensvoertuig was nie lank daar nie, maar geliefdes van L-Jay het hom byna bygedam.toneel: Dié nooddiensvoertuig het glo gejaag in die IPTS-laan en L-Jay Peterson se dood veroorsaak. oorlede: Die seun is dood verklaar op die toneel deur ambulanspersoneel.Foto’s: theo jeptha’n Gemeenskapsleier, Eldridge Finnis, was ook daar. “Ek doen ’n beroep op die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit om ’n voetoorgang-brug hier te bou, anders vat ons ons griewe Stanfordweg toe. “Ek het al vir die verkeersdepartement vir meer sigbaarheid gevra maar niks gebeur nie.”Sean Baatjies, ’n onderwyser van Republiek, sê elke oggend staan hy en kollegas, Lloyd Jordan en Clive Abrahams, saam met die skolierpatrollie by Standfordweg om te kyk dat die kinders veilig is.“Ons sien dan hoe onverskillig die mense ry en niks word daaraan gedoen nie. Van die motoriste kyk nie na die rooi robot nie.”Volgens nog ’n onderwyser, Patrick Daniels, is dit nie die eerste keer dat ’n kind van die skool raak gery is in Standfordweg nie.Kupido Baron, ’n munisipale woordvoerder, sê: “Ons is hartseer oor die tragiese gebeurtenis waar ’n jong kind se lewe tot ’n brutale einde gekom het. “Ons is in die proses om vas te stel wat presies gebeur het. Vir nou blyk dit dat een van ons beamptes op pad was na ’n noodgeval toe die tragiese insident gebeur het.”

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/die-noodtuig-bring-dood-20180918

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.