Dié space niks lekker, kla ou

Please log in or register to like posts.
News
Dié space niks lekker, kla ou

DIE haweloses se menswaardigheid word by die Stad Kaapstad se Safe Space-oornagshelter aangetas.Dis die mening van bergies wat onder die Culemborg-brug slaap.Een kombers, een sleeping bag, ’n plastiekbedekking en ’n pallet is al wat hulle kry om te slaap in ’n fasiliteit in die oopte.Dié oornag­fasiliteit is ’n paar maande gelede spog-spog deur die council geloods.Die doel daarvan is om haweloses wat gewoonlik in die strate slaap ’n veilige slaapplek te gee. Hulle word ook gehelp werk kry en met hul families herenig.By Son se aankoms vandeesweek by die plek het sommige van die bergies op die planke geslaap met net een kombers en ’n seil oor hulle. Die sekuriteitsbeamptes het dit gou duidelik gemaak Son moet die perseel verlaat, want ons word nie daar toegelaat nie.Volgens die Stad is daar tans 210 mense wat gebruik maak van die fasiliteit.Johan Scheepers, oorspronklik van Ashton, meen egter Safe Space­ kan ’n baie beter diens aan haweloses verskaf.Die 47-jarige Scheepers sê hy slaap die afgelope drie maande by die fasiliteit.Hy het voor daai op die stoep van die Cape Town Central-polisiestasie geslaap.Scheepers sê: “Dit voel vir my as jy daar (die Safe Space) slaap, word jou menswaardigheid regtig aangetas. Dit voel asof mense wat moet luister na jou klagtes, nie gehoor gee of omgee nie. “Hulle kyk verby jou weens jou voorkoms. “As ’n mens daar gaan oorslaap, kry jy net een kombers en ’n sleeping bag, dan moet jy op die pallet slaap.“Daar is nie eers ’n sponge nie. Ek wil nie eens praat van ’n matras nie.“Ek weet ek is haweloos. En die feit dat ek kwesbaar is, wil nie sê dat mense wat dienste aan my moet gee, verby my moet kyk nie.Dankbaar“Ek is ’n trots Suid-Afrikaanse burger en ek waardeer dat daar ’n regering moet wees, maar die regering moet verantwoordelikheid vat.“Imagine net in dié koue en nat winter hoe slaap mense met een kombers op pallets­? “En dan moet ons net dankbaar wees daaroor?”Volgens hom kry hulle nie kos nie, maar wel 500 ml water en ’n koppie koffie soggens en saans.Die mayco-lid belas met gemeenskapsdienste en gesondheid­, Zahid Badroodien, sê die mense by die fasiliteit word ingelig dis nie ’n shelter met alle geriewe nie. Dis wel ’n oornagspasie onder ’n brug wat haweloses help om by die gemeenskap te herintegreer. Hulle word ook gehelp om ID-dokumente te kry en om aansoek te doen vir grants en met werkgeleenthede.“Die kliënte is nie beperk tot een kombers nie en kan vir addisionele komberse vra. Die meeste van die kliën­te op die site het twee dik komberse, ’n polar fleece­-kombers en ’n waterproof­ sleeping bag.“Ons wag tans vir ’n addisionele­ order van 200 dik komberse vir die winter wat in April afgelewer sal word.”

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.