Die windy city stof ander uit

Please log in or register to like posts.
News
Die windy city stof ander uit

IN DIE Oos-Kaap het die meeste nuwe kiesers in Nelson Mandelabaai geregistreer.Die onafhanklike verkiesingskommissie (OVK) is tevrede met die uitkoms van die afgelope registrasie­naweek in die provinsie.Volgens Kayakazi Magudumana, die provinsiale verkiesingsbeampte, was Sondag die besigste dag, veral tussen 12:00 en 16:00.Magudumana sê daar was altesaam 84 604 nuwe registrasies in die Oos-Kaap. VroueDie Nelson Mandelabaai-metro is met 14 804 nuwe kiesers heel boaan die lys. Die Buffalo City-metro is met 10 113 tweede en die King Sabata Dalindyebo-munisipaliteit is met 6 482 nuwe kiesers derde.Met 46 365 geregistreerdes van 20 tot 29 is dié groep die grootste, terwyl die tweede grootste groep, 18- tot 19-jariges, uit 20 969 geregistreerdes bestaan.Die verhouding tussen nuwe manlike en vroulike kiesers is eweredig. In die Oos-Kaap het 42 276 vroue en 42 328 mans geregistreer – ’n verskil van net 52 kiesers. Die OVK sê dit is eintlik ’n nuwe verskynsel, aangesien meer vroue as mans voorheen geregistreer het. In twee metropolitaanse munisipaliteite, Nelson Mandelabaai en Buffalo City, het heelwat meer vroue as mans vir die eerste keer geregistreer.Gemeet teen al die ander provinsies, het die Oos-Kaap die derde meeste nuwe registrasies, naas Gauteng en dan KwaZulu-Natal. Dit is in ooreenstemming met die getal mense wat in dié gebiede woon.Die OVK sê diegene wat hulle nie die afgelope naweek laat registreer het nie, kan hulle steeds op weekdae tussen 09:00 en 17:00 by enige plaaslike OVK-kantoor laat registreer. In elke munisipaliteit is sulke kantore.Die ANC in die Oos-Kaap is heel beïndruk met hoe goed die registrasieproses die afgelope naweek afgeloop het.“Gedurende die registrasienaweek het ons ’n massiewe registrasie-‘blitz’ dwarsdeur die provinsie gebou,” sê Gift Ngqondi, die ANC se kommunikasiehoof in die Oos-Kaap. “Die organisasie se leierskorps het taxi-staanplekke, universiteitskampusse, kerke en talle ander openbare plekke besoek om Suid-Afrikaners aan te moedig om gebruik te maak van hul reg om te stem,” voeg Ngqondi by.Hy voel dit is bemoe­digend dat die Oos-Kaap die provinsie is met die derde meeste nuwe kiesers op die lys.“Ons doen ’n beroep op alle gemeenskappe wat ongelukkig is met dienslewering om nie net te wag vir prosesse soos die registrasie van kiesers nie. “Daar is baie ander platforms waardeur hul probleme opgelos kan word.”

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.