‘Diesel’ is toe sakke vol dagga

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

’N DIESELTENK vol dagga…Dít is wat die polisie Maandag by Makhanda (Grahamstad) op die N2 gekry het. Kapt. Mali Govender, ’n polisiewoordvoerder, sê die cops was besig met roetine-patrollies toe hulle in die Waainek-gebied ’n wit Isuzu-bakkie opmerk.Die bakkie het ’n dieseltenk op ’n sleepwa gesleep met sy noodligte wat flikker. Die bakkie­ het ook vinnig gery. “Die lede het agterdogtig geraak en besluit om die bakkie te stop. Afdeling“Toe hulle die bestuurder ondervra oor die inhoud van die tenk, het hy gesê daar is diesel in.”Die bakkie is geneem na die polisie se afdeling vir voertuigidentifikasie waar ’n polisiehond onmiddellik by die bakkie gereageer het. Binne-in die tenk was 51 swart sakke vol dagga. Die dagga het 285,7 kg geweeg en het ’n straatwaarde van R582 075.Vyf verdagtes tussen die ouderdom van 25 en 44 jaar is gearresteer en word deur klagte van dwelmhandel in die gesig gestaar. Hulle sal later dié week in die plaaslike landdroshof verskyn.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/diesel-is-toe-sakke-vol-dagga-20190205

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.