Dignity kwyt ná aandjolyt | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

’N MA sê haar dogter sê sy het haar natgepie en met net ’n pantie aan in die polisieselle gelê nadat die cops haar aan­gerand het.Sandra Wilschut van Willowmore vertel die voorval het voorverlede Vrydag gebeur nadat haar dogter, Sherleez Wilschut (27), die huis omgekeer het.Die 48-jarige Sandra (48) vertel Sherleez, ’n ma van twee, perform net so wanneer sy ’n paar happe in het.Volgens Sandra het die cops Sherleez omstreeks 21:00 by die huis kom oplaai.Sandra vertel haar dogter beweer by die cop-stasie het ’n sersant aan haar gesê sy is moeg van haar k*k en haar toe drie keer geklap. Volgens Sandra het haar dogter in haar broek gepie toe ’n konstabel haar teen haar borste skop terwyl sy op die vloer gelê het. Sandra sê die beweerde aanranding het in die polisie se visenteringskamer plaasgevind.Volgens Sandra het Sherleez haar nat jeans in die selle uitgetrek. Sy sê omstreeks halftwee die oggend het die cops haar dogter uitgeskel toe hulle sien sy lê met net haar pantie aan in die sel.Volgens Sandra het die polisielede toe aan haar dogter gesê sy moet loop en dat sy maar langs die pad vermoor of verkrag kan word. Sandra sê sy het so twee-uur Sater­dagoggend ’n klop aan haar kamervenster gehoor. Dit was Sherleez. Volgens Sandra het Sherleez snot en trane gehuil en haar gewys hoe sy na bewering aangerand is. Sandra vertel haar dogter se een oogbank was boonop dik op­geswel.AO Wessel Cronjé, ’n woordvoerder van die polisie, sê ’n aanrandingsdossier is aangelê.Hy sê die bewerings gaan ondersoek word.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/dignity-kwyt-na-aandjolyt-20181028

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.