Digter op pad Duitsland toe

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

HAAR woorde het vir haar ’n nuwe wêreld geopen.Shenesia Booysen (17) maak Helenvale in die Baaise noordelike gebiede trots met haar skryftalent.Nou gaan sy binnekort Duitsland toe om deel te neem aan die Ubuntu Youth Exchange Project.Sy is 1 van 15 talentvolles in die Baai wat gekies is om aan dié groot projek deel te neem.Die doel van die projek is om die jong skrywers, dansers, akteurs en kuns­tenaars meer te leer oor hulle passie en watter rol hulle in hulle gemeenskappe kan speel. Alles het begin toe haar niggie haar na die poetry-klasse in Helenvale gevat het. Daar het die direkteure dadelik haar talent raakgesien en binne twee jaar is haar eerste gedigte in 2017 in ’n boek genaamd Kinderharte gepubliseer. Dit is saamgestel deur Brian Walter en Leonie Williams.Haar gedigte feature ook in boeke getiteld Growing with Tears and Dreams (Brian Walter, Leonie Williams en Olwe­thu Mxoli) en Two-Way Street (Brian Walter en Leonie Williams).ondersteuning: Ma Veronique (links), Shenesia, ouma Claira Davids en pa Christopher Booysen lees uit een van die gedigteboeke. “Ek kan nie eens onthou waaroor my heel eerste gedig gegaan het nie,” vertel Shenesia laggend. “Maar elke keer as ek aan iets dink, het ek dadelik weggeval met die skrywery.“Ek het altyd ’n pen en papier by my, anders vergeet ek,” sê sy.“Waiting for the Voice” is een van haar gunsteling-gedigte. Dit beskryf hoe sy sit en haar gemeenskap bestudeer. “I think about the gang­ster­ism and people that die in different ways, every day.“Whose voice can come and bring peace? “Whose voice will bring safety to our people?”Sy gaan aan om te sê dat die inwoners wag vir iemand om hulle uit die hel te red en dat iemand se stem stadig maar seker vrede sal bring.Dié is net een van meer as 50 gedigte wat sy al geskryf en laat publiseer het.Shenesia skryf nou haar lewensverhaal. Die titel is The Journey of My Life.Swot“Dit gaan oor wat in my lewe aangaan en wat ek elke dag ervaar. “Ek dink dis belangrik vir die jeug om rolmodelle te hê in die Northerns, maar hulle kan my ook help en lei om ’n sukses daarvan te maak.”Shenesia, wat ’n gr. 11-leerder aan die Hoërskool Gelvandale is, wil graag ná skool ’n mediese graad behaal, of sakebestuur swot.Sy is ewig dankbaar vir haar gesin, wat haar deur alles bystaan. Hulle is haar ouers, Veronique en Christopher Booysen, en haar ouma Claire Davids.Toe sy hoor sy gaan oorsee, kon sy dit nie glo nie. Booysen moet egter R3 000 insamel om haar droom te bewaarheid. Haar vliegtuig vertrek op 12 April.Enigiemand wat kan help met donasies, word gevra om Shenesia te kontak by 063 468 6882 of Veronique by 078 189 5049.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/digter-op-pad-duitsland-toe-20190317

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.