Dis alles vir hom Grieks!

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIE verhoor van ses mans wat teregstaan vir onder meer moord en brandstigting is gister weens kommunikasieprobleme tot volgende week uitgestel. Die misdade is in Schauderville gepleeg.Die ses beskuldigdes is Deilon Makoppa (31), Kurt Bosman (29), Christiano Whitebooi (19), Ashton Calvert (25) en Warren Steyn (24), almal van Schauderville, en Damian Kammies (23) van Gelvandale.Hulle staan tereg op twee klagte van moord, ’n klag van poging tot moord, vier klagte van brandstigting, ’n klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer en twee klagte van ontvoering. PleitVerder is daar twee aanklagte van die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie en ’n klag van huisbraak met die doel om ’n misdaad te pleeg.Die beskuldigdes is nog nie gevra om te pleit nie.Gister se hofverrigtinge is vertraag toe Calvert en Steyn hul lawyer, Xolile Bodlo, gepos het.Die Afrikaanssprekende Calvert het aangevoer Bodlo verstaan nie Afrikaans nie. Bodlo het aan die hof bevestig Calvert en Steyn is Afrikaanssprekend en hy wat Bodlo is, kan nie vlot Afrikaans praat nie.Richard Crompton het aangedui hy sal namens die beskuldigdes optree. Die saak is toe uitgestel tot 18 Februarie. Luidens die klagstaat besit Kammies ’n wit Opel Corsa-bakkie. Dis ’n 2005-model met die registrasienommer DL 975 EC.Luidens die klagstaat het die beskuldigdes in die vroeë oggendure van 19 November 2016 in dié wit bakkie na Gideonweg 67 in Schauderville getravel op soek na Neville Bruintjies.Bruintjies is ook bekend as China.Deilon Makoppa Kammies, Steyn en ’n onbekende man het na bewering by Gideonweg 67 ingebreek. Hulle het toe ’n slaapkamer binnegaan. Die staat meen Kammies en Steyn het vuurwapens by hulle gehad. Die derde man was na bewering met ’n mes gewapen.Die drietal het die huis­bewoners uitgevra oor Bruintjies se whereabouts.Toe die groep nie hulle hande op Bruintjies kon lê nie, het hulle Mohammed Gamielden Abdullah na bewering gekidnap om hulle te gaan wys waar Bruintjies is. Abdullah is ook bekend as Mielie. Luidens die klagstaat het die groep mans terug­gekeer na Neville en Mielie se huis en dit aan die brand gesteek. Die brand het na ander huise versprei en groot skade aangerig.Daar word beweer die mans het ’n paar mense aangerand toe dié hulle nie kon help om Bruintjies te kry nie.Die beskuldigdes het na bewering by Deon Matthys se huis na Bruintjies gaan soek. Nadat dit geblyk het hy is nie daar nie, is Matthys doodgeskiet.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/dis-alles-vir-hom-grieks-20190212

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.