Dis gebedsaak | Die Son

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

DIE strate van Missionvale­ was ’n paar uur heeltemal veilig tydens Saterdag se prayer­ walk.Die staptog het afgeskop by die Top Ten-winkel en daar is verby die Cheap Cheap­-, Mohammed Shop, China­’s­ se winkel en die Blou winkel geloop.Die bidders het toe by die parkie in Smartie Town opgeëindig.Die tema van die prayer walk was hoofsaaklik die stryd teen misdaad en dwelmmisbruik. Raymond Oosthuizen, waarnemende voorsitter van die Algoapark-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), is onder diegene wat die dag moontlik gemaak het.Volgens Oosthuizen is daar baie crime in die area en baie gevalle waar jeugdiges so jonk as 14 jaar drugs aan ander verkoop.“Ons prayer walk was teen misdaad, geweld teenoor vroue en kinders, en dwelmmisbruik.“Dit is ons grootste bekommernisse. Ons het diegene wat dwelms verkoop, gewaarsku om op te hou om dit te verkoop aan die jeug, veral in die Missionvale- area,” sê Oosthuizen.Oosthuizen het in sy spreekbeurt ook die inwoners gewaarsku om op hulle hoede te wees in die komende feestyd.Verder het hy met die vroue daar gepraat en gesê ma’s en girlfriends moenie toelaat dat hulle mans hulle mishandel nie en dat hulle ’n saak by die polisie aanhangig moet maak.Inwoners, veral bejaardes en kinders, het saam geloop en gebid vir vrede in hulle woongebied. Kerkleiers en NGO’s was ook teenwoordig.Oosthuizen sê hulle het ook die gemeenskap langs die pad aangemoedig om diegene wat dwelms aan die jeug verkoop, by die polisie te rapporteer.AO David Sauls van die Algoapark-polisie het die jeug van Missionvale gesmeek om nie by mense se huise in te breek en eiendom, waarvoor hulle hard gewerk het, te steel nie. Hy het gesê hulle moet moet ophou om inkopiegangers te beroof wat van die Kenako-winkelsentrum af kom.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/dis-gebedsaak-20181118

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.