Dis Mettler vs. Bobani | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

IS JOHANN Mettler nog geskors as die stads­bestuurder van die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit of nie?Vandag se raadsvergadering in Despatch gaan handel oor die skorsing en aanstelling van ’n nuwe stadsbestuurder.Direk ná die skorsing van Mettler, die voormalige stadsbestuurder, is die uitvoerende direkteur van menslike nedersettings, Nolwandle Gqiba, in sy plek aangestel.Gqiba het egter ná drie weke bedank en weer die sitplek oop gelos. Noxolo Nqwazi is intussen aangestel as die waarnemende stadsbestuurder.Intussen hang Mettler aan ’n lyntjie en dis onseker wanneer hy weer by die munisipaliteit sal aanmeld.In ’n brief verlede Donderdag aan Bobani, sê Mett­ler se lawyer, Chris Unwin, dat die stad versuim het om ’n ondersoeker aan te stel ná ’n maand se skorsing.Die ondersoeker sou binne die voorgeskrewe 30 dae ondersoek ingestel het oor die bewerings wat teen Mettler gemaak is.Dit moes volgens Unwin teen 28 Oktober afgehandel gewees het.“Ons kliënt is nie oor die uitkoms van die ondersoek laat weet nie. In werklikheid is ons instruksies dat, in totale verontagsaming van die regulasies, ’n onder­soeker nog nie eens aangestel is nie.“Daar sal geen wettige, regverdige of rasionele basis wees om die skorsing voort te sit in die afwesigheid van ’n ondersoek nie.“Volgens die terme van ons kliënt se skorsing, soos uiteengesit aan hom in julle korrespondensie van 28 September 2018, het sy skorsing verval.”Dinsdag het Nqwazi in ’n skrywe aan Mett­­ler se prokureur gesê daar is wel op 4 Oktober – en dus binne sewe dae van die skorsing – ’n ondersoeker deur die burgemeester, Mongameli Bobani (UDM), aangestel. Sy ondersoek sal dus eers teen November afgehandel moet wees.Unwin het gister geantwoord en genoem dat die burgemeester nie by magte is om ’n ondersoeker aan te stel nie – dit moet deur die raad gedoen word.As die ondersoeker nie op dié manier aangestel is nie, is dit volgens Unwin onwettig en onregmatig.ReputasieTeen druktyd gistermiddag het die munisipaliteit nog nie gereageer op Unwin se laaste skrywe aan hom nie.Die ACDP en Cope het laat weet hulle gaan vandag ’n mosie indien oor hulle van mening is Bobani se reputasie sal die stad daaronder laat ly en daarom moet hy uit sy amp ver­wyder word.Dit volg omdat die Valke verlede maand Bobani se kantoor “besoek” het om beslag te lê op dokumente en rekenaars met info oor die beweerde IPTS-betalings wat hy glo ontvang het.Die DA gaan op 6 Desember ’n mosie van wantroue in Bobani ingedien – ook oor die bogenoemde IPTS-bewerings.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/dis-mettler-vs-bobani-20181101

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.