Dis ’n regte pyn innie gat

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

AS DAAR nie geseks word nie, kruip gangsters in die gat weg om niksvermoedende mense voor te lê en te rob.’n Bekommerde Aarief Davids, voorsitter van die beheerliggaam van die Primêre Skool Papenkuil in die Baaise Northerns, sê die gat van sowat 6 m by 3 m is ’n gevaar, want dis reg voor die skoolhek­.Volgens Davids het kontrakteurs verlede jaar die gat gegrawe om waterpype te lê. Hy sê opgraafwerk het in Oktober of November verlede jaar skielik tot ’n einde gekom en sedertdien staan die gat oop.Hy sê toe hy die skool se probleem met die gat in hulle wykraadsvergadering opdiep, het hy verneem die opgrawings het gestop omdat die werkers nie betaal is nie.Volgens Davids kla hy gereeld in die groep, maar kry geen antwoorde nie.Volgens Davids het hy hom die ander aand amper uit sy geloof geskrik toe hy terloops afgekom het op twee mense wat in die donker gat aan’t seks was.SpeelDavids sê voorts dat gangsters mense in die gat voorlê en beroof. Hy sê hy vrees dat verkragtings daar kan plaasvind.Hy voeg by kinders speel gereeld in die gat en die ouers is gereeld nie eens daarvan bewus is nie. “Iets kan gebeur in daai gat.”hier gaan ekke! Moegamat Arries­ spring oor die enorme gat voor die Primêre Skool Papenkuil. Foto’s: Theo JepthaVolgens Davids het hy ongelukkig nie ’n clue wie die kontrakteurs is wat die gat gegrawe het nie.“Ons moet kyk na ons kinders se veiligheid by die skool.”Davids sê die skool is in ’n bendegebied geleë en hulle soek nie nóg voorvalle nie.Lincoln Potgieter, skoolhoof, sê by navraag wanneer dit swaar reën, vrees hy altyd dat ’n kind in die gat kan val.Hy sê voorts wanneer dit reën en ouers kom na ouervergaderings, moet hulle hul motor ver parkeer en dan tot by die skool stap.“Ons het ’n verantwoordelikheid teenoor ons kinders,” laat hoor Potgieter. Andy Jordan, wykraadslid, en Mthubanzi Mniki, munisipale woordvoerder, kon nie vir kommentaar opgespoor word nie.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/dis-n-regte-pyn-innie-gat-20190213

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.