Dis nou amptelik somer in die Baai

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

oefening: Menseredders demonstreer hulle noodhulpvaardighede op ’n dummy.DIE program Summer Nathi! is hier en strandgangers in die Baai kan nou veilig voel terwyl hulle ’n propvol vakansieprogram geniet.Die burgemeester van die Nelson Mandelabaai-Metro (NMM), Mongameli Bobani, het die somer­program dié week geopen.Dié program is 29 jaar gelede die eerste keer aangebied en die hoogtepunte is altyd die vermaak en fireworks.Vanjaar sal events egter ook in ander plekke in die Baai aangebied word om seker te maak dat almal dit oral kan geniet.Die program begin vandag met die Opening of the Season en karnaval by Hobiestrand.oorleef: Hierdie dummy is deurgetrek nadat hy amper in die see “verdrink” het.FOTO’S VERSKAFDie res van die amptelike program lyk so:22 Desember – ’n opvoering in die buitemuurse teater in Happy Valley en Kersliedere;23 Desember – die Uitenhage-piekniek langs die Willowdam;Kersdag en Tweede Kersdag – ’n Kerspiekniek in New Brighton;28 tot 30 Desember – die jaarlikse Ebubeleni-musiekfees in die Nelson Mandelabaai-stadion; musikante soos Nasty C, Lady Zamar, Emtee, Sjava, A-Reece, Tipcee, DJ Tira, DJ Bongz en Moonschild Sanelly sal optree; enNuwejaar – vieringe op Hobiestrand en in Wells Estate.Jaarliks sak meer as 400 000 be­soekers van 16 Desember tot 2 Januarie op die Baai toe.Bobani sê: “ ‘Nathi’ beteken ‘jy is met ons’. As ’n munisipaliteit moet ons verseker dat ons vir almal voorsiening maak.“Die munisipaliteit bied dié program aan om die plaaslike ekonomie ’n hupstoot te gee en die vaardig­hede van ons mense af te show.“Ek verseker belanghebbende partye en besoekers dat hulle veiligheid en sekuriteit vir ons ’n prioriteit is en dat ons wil hê hulle moet die vele aanbiedinge van die program geniet.”Bobani sê dis all systems go en ál die direktorate in die munisipaliteit werk hard om te verseker dat die program glad verloop en dat besoekers veilig op die paaie is.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/dis-nou-amptelik-somer-in-die-baai-20181215

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.