Dis nxa om jou taal te vier

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

INHEEMSE tale in die suidelike deel van die Afrika-kontinent is nog springlewendig.Regoor die wêreld is Inter­nasionale Moedertaaldag op Donderdag 21 Februarie gevier.Dié is ’n jaarlikse viering van elkeen se eerste taal. Dit is op 17 November 1999 deur die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie (Unesco) aangekondig.Elke jaar het ’n tema waarvolgens moedertale gevier word. Vanjaar se tema is inheemse tale vir ontwikkeling, vredever­bouing en rekonsiliasie. Dié tema word deur die Verenigde Nasies bepaal.Daarom het Son op Sondag met chief Crawford Fraser van die Baai gepraat.“Khoekhoegowab is ’n umbrella term vir ’n klomp inheemse tale wat gepraat word in Suider-Afrika. Khoekhoegowab beteken die tale van die mense-mense. Van die tale, soos byvoorbeeld die N|uu-taal, is al ouer as 25 000 jaar. Mense in Suid-Afrika, Namibië, Zimbabwe, Zambië en Mosambiek praat dié tale. Afrikaans is gevorm uit Khoekhoegowab, Hollands en Duits,” vertel Fraser.Fraser sê voorts dis belangrik dat die Khoekhoegowab ook as amptelike tale in Suid-Afrika gesien word omdat dit een van die eerste gesproke tale in die land is.Maar die taal is nog ver van uitsterf, meen Fraser: “Die Khoi het steeds die verantwoordelikheid om die taal lewend te hou in hul huise. “My kinders kan tot tien tel en die basiese woorde uitspreek. Charity begins at home­. As jy nie die inheemse taal preserveer in jou huishouding nie, hoe wil jy hê die regering moet dit doen? Ons as inheemse mense móét die taal beoefen.”Daar is Afrikaanse woorde wat afkomstig is van die Khoi, soos “hoeka”, “toeka”, “kamma”, “eina”, “aitsa”, “abba” en “kooi”. Die woord “nxa!” word ook algemeen gebruik in alle Suid-Afrikaanse tale om iets te beskryf wat lekker of cool is.Die volgende woorde klink só in die Khoisan se taal:!Gâi ||goas – goeiemôre,!Gâi Tses – goeiemiddag,!Gâi !oes – goeienaand,!Gaise ||omre – goeie nagrus,!Gâi a – reg so,!Gâise !Gû ‘re – mooi loop,!Gâise Hâ re – mooi bly,Kai Gangans – baie dankbaar,Toxoba – Asseblief.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/dis-nxa-om-jou-taal-te-vier-20190223

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.