Dis óns projek – raadslid

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIE nuwe ANC-koalisie in die Nelson Mandelabaai-metro (NMBM) het volgens die ACDP sy Food Blitz-program gesteel.Nou is daar suur druiwe.Raadslid Lance Grootboom sê dié award-winning­ veldtog is sy party se inisiatief onder die vorige leierskorps.Die Food Blitz-veldtog is op 27 Junie suksesvol deur Grootboom begin. Dit het onlangs ’n nasionale toekenning gewen vir die beste omgewingsprojek.“Dit is die eerste voedselveiligheidsoperasie wat in die NMBM en in die land begin is. “Die Food Safety Blitz-operasie het eerste gekom vir innovasie, impak en dienslewering.sies: Lance Grootboom hou ’n bottel expired suurmelk vas wat gekonfiskeer is by ’n kosplek in Parlementstraat in die Baai.Foto: deon ferreira“Politieke leierskap is geïdentifiseer as een van die sleutelbestanddele waardeur die operasie suksesvol geïmplementeer is.”Grootboom bedank die direkteur van omgewingsgesondheid, dr. Patrick Nodwele, en sy gesondheidspan vir hul professionaliteit, toewyding en harde werk. Dit is volgens hom wat die projek ’n sukses gemaak het.Mthubanzi Mniki, ’n munisipale woordvoerder, sê die vereniging vir plaaslike regering (Salga), die Switserse ambassade en die Suid-Afrikaanse instituut vir omgewingsgesondheid het Saterdag ’n toekenningsgeleentheid in Kaapstad gehou.“Die toekenning was vir die deeglike werk wat gedoen is in die bestuur van die voedselveiligheidsprogram in die stad,” sê Mniki.Die burgemeesterskomiteelid vir openbare gesondheid, Yolisa Pali, sê: “Al die krediet gaan aan die bestuur van omgewingsgesondheid en die praktisyns wat met passie gewerk het met die doel om die mense te dien en veilig te hou.“Dit is alles julle krediet en julle moet julle koppe hoog hou,” sê Pali.Op 27 Junie het die span inspekteurs, onder leiding van Grootboom, toegesak op Durbanweg in Korsten.’n Hele paar kosplekke is gesluit oor hulle nie ’n sertifikaat van aanvaarbaarheid gehad het op ’n perseel waar kos berei en verkoop word nie. Op 25 Julie het die witjasse die strate van Port Elizabeth-Sentraal geteiken.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/dis-ons-projek-raadslid-20181121

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.