‘Dit sal nooit verander nie’

Please log in or register to like posts.
News
‘Dit sal nooit verander nie’

ELLENDE is steeds aan die orde van die dag in die informele nedersetting Vastrap in die Baaise noordelike gebiede.Daar is egter al vordering gemaak en dit blyk dat die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit wel van sy beloftes nakom.Maar sommige inwoners meen dis net halwe werk en steeds vir hulle nie goed genoeg nie. Daar is gereeld hartseer in dié nedersetting omdat veral oumense sterf weens die aardige lewensomstandighede.Clifford Luyt se pa, Norman Davids (64), het gister in sy shack gesterf. “My pa het keelkanker gehad. Die koue in die winter het dit erger gemaak. gevaarlik: Die inwoners van Vastrap maak nog steeds staar op onwettige krag en lewende kragdrade is oral te sien. “Hy wou nie hospitaal toe gaan nie en toe sterf hy in sy huis.”Hy voeg by hulle kry krag van ’n neighbour af en moet R400 ’n maand betaal. Oral is onwettige kragkabels te sien.Van die paaie is mooi skoongeskraap. Samantha Kayser (42), wat aan die paaie werk, sê hulle het sowat drie weke gelede daarmee begin.“Die ambulanse en polisie kan nou hier deur kom. “Maar daar sterf steeds mense hierso, en daar is baie kinders wat wees grootword. “As dit winter is, is dit aaklig hierso.”Van die spreiligte is herstel, maar ’n handjievol is nog buite werking. Dit gaan glo nog rof in die aande in die donker dele.Hilton Zealand sê: “Hulle het gesê hulle gaan die grid vir die paaie bring, maar dit het nog nie gebeur nie.”Van die vullishope waar die mense illegally ge-dump het, is ook nou verwyder.Hilton Zealand Daar is steeds net sowat vier krane in Vastrap en niemand met wie Son gepraat het, het al plotnommers gekry nie.“Ons omstandighede gaan nooit verander nie.“Ons woon al tien jaar só en my meisiekind (5) het TB gekry. Hulle het ook gesê hulle gaan vir ons kragbokse kom insit. “Dis omdat dit verkiesing is.”Mthubanzi Mniki, ’n munisipale woordvoerder, het ná drie dae nie teruggekom met kommentaar nie.BetoogIn Februarie het munisipale hoës Vastrap besoek. Behalwe die skraap van paaie en herstel van ligte, is belowe dat inwoners teen einde Maart krag sal hê. Daar is nie ’n tydlyn vir die bou van huise gegee nie.Die inwoners sê as hulle nie teen 1 April hulle beloftes nakom nie, gaan hulle weer betoog.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.