‘Dít wys antie wil my lyf hê’

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

“KOMAAN.”“Bly nog ’n bietjie. Ek is mos baie aantrekliker as jou meisie.”Met dié woorde en haar hand op sy agterstewe het Hilary van Rooyen (52) glo Reghard Groenewald (25) probeer oortuig om die oggend met haar te spend. Groenewald het gister in die Kaapse hooggeregshof getuig oor die laaste oomblikke voor Van Rooyen se dood. Van Rooyen is op 9 Mei 2017 in haar huis in die spogbuurt Eversdal in Durbanville, vermoor. Groenewald is enkele dae later vir die moord aangekeer nadat hy op kringtele­visie geïdentifiseer is. Hy het gister getuig dat hy sedert 2012 elke­ dag dagga rook en dat hy ook ’n dag voor “antie Hilary” se dood gerook het. Volgens hom het hy ook tot twee weke voor 9 Mei steroids­ gebruik wat hy met ’n naald ingespuit het. Behalwe dié middels gebruik hy ook supplements om spiere te bou.Hy sê hy het op 8 Mei by Van Rooyen ingepop en koffie gedrink. Ná ’n halfuur is hy weg, maar sy kar het op die bult sonder petrol gaan staan. Hy is toe terug na die huis om petrolgeld te leen. ’n Dag later het hy die R100 terug geneem en hulle het lekker saam koffie gedrink.“Ek het my koppie in die sink gesit en gegroet.”Volgens Groenewald het Van Rooyen toe haar borste teen sy rug gedruk en gesê hy moet bly vir nóg ’n koffie. Hy het egter decline en deur toe gestap. By die deur het sy sy hol gesqueeze. Hy sê haar optrede het aangedui sy wil sy lyf hê. “Ek was angstig en ongemaklik. Ek het gevoel soos een wat in ’n hoek vasgedruk word.”Daarna het Groenewald Van Rooyen teen die grond gedruk en haar met ’n potplanthouer geslaan. “Daar was baie bloed. My intensie was nie om haar te vermoor nie, net om haar af te slaan van my af.”Die saak duur voort.

https://www.son.co.za/Nuus/Kaapsenuus/dit-wys-antie-wil-my-lyf-he-20190312

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.