DIY land grab | Die Son

Please log in or register to like posts.
News

GHOLFERS moes die afgelope week na die 19de putjie vlug toe ’n groep betogers die baan beset het.Betogers het die Rondebosch-gholfbaan oorgeneem en huise daar geëis. Die spelers moes die pad vat. Geen gholf kon op die gholfbaan in die suidelike voorstede van Kaapstad plaasvind nadat tientalle betogers op dié posh terrein toegesak het nie.Hulle het onverwags in ag kombi’s en twee busse met plakkate en vlae opgedaag.Die Reclaim The City-veldtog (RTC) het dié besetting gekoördineer. Hulle het al soortgelyke occupations in die Kaapse middestad gehad. Hulle doelwit is om te wys die Stad Kaapstad het nie daarin geslaag om huise te verskaf nie.Margaret Hayes­ was die oudste betoger in die groep.GROENER GRAS: Tientalle betogers neem gistermiddag die Rondebosch-gholfbaan oor.Foto’s: Peter AbrahamsSy sê sy het al die jare in Wood­stock gewoon. Vyf jaar gelede het sy besluit om te move omdat die rent daar hemelhoog geraak het.Hayes sê: “Ek bly nou by die ou Woodstock-hospitaal totdat ek ’n ordentlike huis kry. Die regering het versuim om my ’n huis te waarborg. Ek is ’n bejaarde wat op pensioen lewe.“My verlange is net om ’n ordentlike dak oor my kop te hê, want soos ek nou hier is, weet ek nie waar ek my oë sal toemaak nie.”Gholfspelers het die betogers vanuit die klubhuis dopgehou terwyl dié ’n sod turning ceremony op die gholfbaan gehou het.Hayes was die eerste een wat die graaf in die sandgrond gesteek het.Kinders het sokker en ander sport op die terrein gespeel, terwyl ander mense op die groen gras piekniek gehou het.’n Aktivis van RTC, Nko­sikhona Swaartbooi, sê die gholfbaan is ’n openbare stuk grond wat die Stad vir peanuts uithuur.Swaartbooi dink verder die adjunkburgemeester, Ian Neilson, moet verduidelik hoekom die Stad steeds sê daar is nie grond om huise te bou nie.Hy verduidelik: “Die Rondebosch-gholfbaan is so groot soos 45 sokkervelde. nie beïndruk: Betogers sê hul sê.“Dit kan duisende gesinne huisves.“Dit word egter aan ’n private klub vir R1 000 per jaar uit verhuur, terwyl lede R15 750 per jaar moet opdok vir lidmaatskap.“Dis nou tyd dat ons as gemeenskap oorvat en doen wat alle bene van die regering versuim het om te doen. “Geen politieke party sal dit vir ons doen nie. “Die ANC sal dit nie doen nie. Die DA sal dit nie doen nie. Die EFF sal dit nie doen nie.”Volgens hom het hulle Menseregtedag gekies om die lot te beklemtoon van mense wat nog vir huise wag, want behoorlike behuising is ’n basiese mensereg.Swaartbooi het Neilson gebel en sy foon op loud­speaker gesit.UiteensitDie adjunkburgemeester het ná drie probeerslae nog nie geantwoord nie.Swaartbooi het toe maar ’n voice message gelos waar hy hulle eise uiteensit.Son het later ook probeer om Neilson in die hande te kry, maar hy het nie sy foon geantwoord nie.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.