Dood in cops se agterplaas

Please log in or register to like posts.
Nuus
Dood in cops se agterplaas

Update
Port Elizabeth

’N VERMEENDE gangster met die bynaam “Jesus” is in die voortslepende bendegeweld in Ravensmead afgemaai.Die 22-jarige man, wat na verneem word ’n lid van die 26’s-tronkbende is, is Dinsdag omstreeks 17:25 in Florida­straat, net agter die polisiestasie, doodgeskiet.Hy is in sy hand en rug getref.Inwoners vrees nou wraakaanvalle, want hulle blameer die 28’s vir die skietery op “Jesus”.Net 20 minute later is ’n onskuldige skoolseun, Zandre McEwan (17), in Uitsig doodgeskiet.Dié voorval het in Uitsig-laan, ’n hanetree van die polisiekamp, gebeur.Hy is in die kop getref toe die bendes begin skiet het.’n Sesjarige seun is in dieselfde skietery in die voet gewond en is hospitaal toe geneem.Volgens Dawie van Wyk, voorsitter van die Ravens­mead-gemeenskapspolisiëringsforum, is die bendegeweld ’n groot probleem.Van Wyk sê die gemeenskap moet saamstaan om die bendes uit te roei. Hy sê die skieters het by mense se jaart ingehardloop nadat hulle die onskuldige kind doodgeskiet het.“Maar niemand kom na vore met inligting wie die skieters is nie.”Van Wyk worry dat mense die wet in hulle eie hande gaan neem. “Hulle het verlede week amper ’n gangster uitgebrand en die polisie moes ingryp. Ons benodig meer sigbare polisiëring in ons gemeenskappe.”In nog ’n skietvoorval is ’n vermeende gangster, Tyrone Matthews (27), Dinsdagaand in Bishop Lavis­ doodgeskiet.Matthews, alias “Teppel”, is omstreeks 18:30 op die hoek van 15de Laan en Koppiesdamstraat in die kop geskiet.Die voorval het vroeg­oggend in ’n drive-by-shooting in Nerinestraat gebeur.’n Onbekende man is ook Dinsdagaand in Netreg, Bonteheuwel, twee loodpille toegedien.Die voorval het op die hoek van Plumbago- en Netregstraat gebeur.Hy is in die kop en bors geskiet en het op die toneel beswyk.’n Vermeende Fancy Boy is ook gisteroggend in Lentegeur afgemaai.Volgens kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, is niemand nog vir die moorde gearresteer nie.

https://www.son.co.za/Nuus/Kaapsenuus/dood-in-cops-se-agterplaas-20181004

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.