Drankplekke in Cele se visier

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

DIE minister van polisie, Bheki­ Cele, het belowe dat gereelde raids op ’n berugte nagklub in Oos-Londen uitgevoer gaan word. Dít kom nadat inwoners van Duncan Village tydens Cele se besoek aan die gebied Dinsdag gemoan­ het dié einste club is ’n crime hot spot. Gemeenskapslede het beweer drugs word openlik by dié club verkoop en vroue word gereeld daar verkrag. Hulle het verder beweer talle verdagtes gebruik dié club as ’n hide-out. Van die inwoners glo ook sekere polisiebeamptes is in cahoots met verskeie drug dealers in die gebied en het ’n beroep op Cele gedoen om van al die vrot appels in die polisie ontslae te raak. In sy antwoord aan die inwoners het Cele gesê alle plekke wat drank verkoop en wat afwyk van hul bedryfs­lisensies, sal binnekort gesluit word. Hy’t belowe die SAPD sal na shebeens­ kyk om te verseker hulle hou by die voorwaardes in hul lisensies vervat en by die munisipale verordeninge. “Ons het ’n probleem met shebeens waaraan bedryfs­lisensies toegestaan word selfs al is hulle naby skole en kerke geleë. Vereistes“Dit is teen die wet. “Ons gaan die shebeens besoek om seker te maak hulle verkoop hulle alkohol slegs binne hulle lisensie se vereistes.”Cele het ook belowe om seker te maak die Buffalo­stad­-munisipaliteit en ander staatsdepartemente deal met die gebied se maatskap­like probleme. Verder het hy ook ’n beroep gedoen op inwoners om nie gesteelde goedere te koop nie, aangesien dit die mis­dadigers­ net verder in hul kwaad sterk. Verder het Cele die polisie in die streek aangesê om random searches­ by skole te doen vir dwelms.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/drankplekke-in-cele-se-visier-20190130

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.