Drie beroof oumense in aftreeoord

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

ROWERS in die Baai het nog ’n aftreeoord getarget.Daar is vroeg gisteroggend by die Kraggakamma Uitspanning-aftreeoord in Fern­glen­ toegeslaan. ’n Vrou (66) het 01:30 wakker geword en twee mans langs haar bed sien staan. Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, verduidelik een van die mans het die vrou se mond probeer toedruk toe sy begin skree. Die vrou se man, wat in ’n ander vertrek was, het ondersoek ingestel.Beseer’n Derde man het hom in die kombuis met ’n mes gedreig. Die mans het met sel­fone en ’n kissie juweliersware gevlug. Die vrou is lig beseer. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie. Rowers het in November in twee afgesonderlike voorvalle by die Buffelsfontein-aftreeoord toegeslaan. Thembelani Ntantiso het Maandag in die landdroshof verskyn hiervoor. Hy sal op 18 Desember aansoek doen om borgtog.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/drie-beroof-oumense-in-aftreeoord-20181212

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.