Drie dood: Cops besoek gesinne

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

DIE trane het gister gevloei by die besoek van Baaise cops aan die naasbestaandes van die drie kinders wat in die naweek koelbloedig afgemaai is.Ruan Willemse (8), Deacon­ van Rooyen (16) en Chadwin Calvert (17) is Vrydagaand in ’n huis in Capuletstraat­, Booysenpark, doodgeskiet.Ruan se ouers wou nie gister met die media gesels nie.’n Groot polisiekonvooi het eerste by Ruan se ouerhuis stilgehou. Daarna het hulle afgesit na Deacon se ouerhuis en toe Chadwin s’n.Deacon se hartseer pa, Angelo­, het gister gesê hy hoop en vertrou die polisie vang die kinders se killers.“Hulle verdien dieselfde as wat hulle aan daardie kinders gedoen het.“Die kinders se lewe het voor hulle uitgestrek gelê en toe kom dié jongens en knip dit kort.”Volgens Sharp is dit gangsters­ van elders wat na hulle buurte stroom.“Al kom die dood soos ’n dief in die nag, kan ek nie teen God se werk stry nie.”dulcie bantom Deacon se ouma Dulcie Bantom sê huilend sy is erg verbitterd oor wat gebeur het. “Hoekom doen hulle dit aan ons kinders?”Volgens haar het Deacon gaan movies kyk by die huis waar hy doodgeskiet is. Sy sê die inwoners van die huis waarin Deacon dood­geskiet­ is, is almal ordentlike mense. Volgens Bantom het sy haar kleinseun Vrydagmiddag laas gesien.Sy sê Deacon se ma, Charmaine van Rooyen, werk in die Kaap en sal vandag in die Baai aankom. Genl.maj. Thembisile Patekile­, die Mount Road-polisie se gebiedsbevelvoerder, sê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.Volgens hom werk die polisie onverpoos daaraan om die booswigte vas te trek en alle leidrade word opgevolg.Patekile­ sê ’n intelligensie-gedrewe operasie is van stapel gestuur. Hy voeg by in dié stadium is dit moeilik om te sê wat die motief vir die skietvoorval was.Volgens Patekile moet daar nie toegelaat word dat ’n handjievol mense die gemeenskap op dié manier terroriseer nie.Vanmiddag vanaf 12:00 word daar by die Bethelsdorp-polisiestasie ’n gebedsessie vir al die oorledenes gehou.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/drie-dood-cops-besoek-gesinne-20181106

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.