Drie dood in taxi-oorlog | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Drie dood in taxi-oorlog | Die Son

’N TAXI-OORLOG oor roetes het binne ure die lewe van drie drivers in Delft geëis.Gistermiddag is ’n taxi­bestuurder doodgeskiet en Sondagmiddag nog twee.Nadat die taxi’s gisteroggend hulle dienste gestaak het, het hulle gistermiddag vroeg weer begin ry.Naam’n Driver van Mitchells Plain het skaars die pad gevat, toe is hy op die hoek van die Delft-hoofweg en Symphonyweg doodgeskiet.Volgens ’n lid van die Delft-gemeenskapspolisiëringsforum wat nie sy naam genoem wil hê nie, is daar definitief ’n taxi-oorlog aan die gang.Toe Son hom gekontak het, het hy bevestig nog ’n driver is toe so pas ook doodgeskiet.Hy het vertel: “Dis ’n Mitchells Plain driver wat nou geval het.“Die morgue-vên het so pas sy lyk kom haal.”’n Omstander wat ook anoniem wil bly uit vrees vir haar lewe, het verduidelik met die twee moorde Sondagmiddag het sy in die pad geloop toe sy skote gehoor het.“Daar was net een skieter. Hy het vinnig van die toneel af verdwyn.“ ’n Stalletjie-eienaar sê die taxi drivers het by die tshisanyama (braaiplek) sit en vleis eet toe daar op hulle geskiet is.“Die skieter het uit ’n kar gespring.”Kapt. FC van Wyk, ’n woordvoerder van die polisie, het bevestig twee mans is Sondag doodgeskiet.Van Wyk het gesê die voorval het 12:20 op die hoek van Sandelhout en Kokerboomstraat in Delft-Suid gebeur.Hy het verduidelik: “By die polisie se aankoms het hulle die lyke van twee mans van 36 en 44 in die pad aangetref.“Die een slagoffer het ’n skietwond aan sy kop en een aan sy nek gehad.“Die ander een het ’n skietwond aan sy boud en twee skietwonde aan die regterkant van sy bors gehad. Albei slagoffers is op die toneel dood verklaar.”Volgens Van Wyk het die slagoffers van ’n braai gekom toe hulle geskiet is.Hy het verder gesê: “Die motief vir die moorde en die omstandighede is onbekend. Geen arrestasies is gemaak nie.Bel“Die Delft-polisie ondersoek ’n dubbele moordsaak.“Hulle vra dat enige een wat inligting het, die polisiestasie by 021 954 9000 bel of Crime­ Stop by 08600 10111.”Die polisie het teen druktyd geen details oor gister se skietery gehad nie.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.