Drie mans vas ná hijack

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

DRIE mans is in Malabar in die Baaise noordelike areas gearresteer nadat hulle ’n courier-voertuig gehijack het. AO Alwin Labans, ’n polisiewoordvoerder, sê die bestuurder van die Intertown-voertuig en sy partner was Woensdag 08:30 besig met aflewerings in Selagostraat toe ’n voertuig agter hulle stilhou. Hy sê een van die mans het na die Intertown-voertuig gekom, die drywer met ’n vuurwapen gedreig en hom beveel om uit te klim.Die mans het toe met die Intertown-voertuig van die toneel gevlug, maar lede van die polisie se K9-eenheid het hulle in Chaseweg, Young Park, gesien en agterna gesit. Die drie mans, wat 22, 24 en 26 jaar oud is, is gearresteer. Beslag is gelê op al die gesteelde goedere. Die drie verskyn binnekort in die hof.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/drie-mans-vas-na-hijack-20190110

Reactions

Nobody liked ?