Drie tjommies saam afgemaai | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Drie tjommies saam afgemaai | Die Son

DRIE vriende het gesit en chill in die agterplaas van ’n huis in Schauderville toe hulle sommer net doodgeskiet is.Die drie slagoffers is Lloyd Isaacs (39), Riaan Stuurman (30) en Wayne Ambraal (34).Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, sê: “Daar word beweer dat die drie slagoffers Sondag omstreeks 18:15 gesit het in ’n shack agter ’n huis in Lawlerstraat toe hulle noodlottig gewond is. In dié stadium is dit onbekend wat gebeur het. Die polisie ondersoek drie moorde.”Die drie vriende het gereeld bymekaar gekom voordat hulle na hul huise toe gegaan het.Son het ’n draai gaan maak by die betrokke huis.BULLETS: Talle koeëlgate is aan die deur nadat drie mans Sondagaand hier vermoor is.Binne was Maria Isaacs en haar man, Robert. Hulle is geskok oor die moord op Lloyd, hul seun.In die kamer het Lloyd se meisie gelê en huil, en sy wou nie haar naam verskaf of kommentaar lewer nie.“Lloyd het hier by ons gebly. Ek het gelê en slaap toe die skote afgaan. Ek het geluide gehoor wat geklink het soos planke wat teen mekaar kap,” vertel Maria.“Ek het agter gaan kyk en hulle drie op die banke gekry.“Ek het my vinger teen Lloyd se nek gesit en gevoel dat hy klaar gesterf het. Ek het vir hom gevra: ‘Lloyd, is dit regtig so?’ LLOYD ISAACSFOTO VERSKAFEk het nie aan die ander twee geraak nie. Ek kan nou nog nie eet nie en ek drink maar net koffie.”Lloyd se pa is gestrem en kon nie agterplaas toe gaan om te gaan kyk nie.“My seun was ’n tiler by ’n maatskappy. Ons gaan hom in die huis mis – met sy grapjas-maniere en dié wat hy ons so uitgetart het. Hy was altyd honger en was baie lief vir eet,” sê Maria.Die familie van die ander twee slagoffers was onbereikbaar vir kommentaar.Teen druktyd gisteraand was daar nog geen arrestasies nie.

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.