Drie vas ná mob justice ’n lewe eis

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DRIE mans het gister in ’n Oos-Kaapse hof verskyn nadat hulle glo ’n 32-jarige man in ’n voorval van mob justice doodgemaak het. Dié gruweldaad het in die Ngqeleni-gebied gebeur waar die slagoffer van diefstal verdink is. Kapt. Mali Govender, polisiewoordvoerder, sê lede van die gemeenskap het die man in die hande gekry vir ’n ondervraging. “Nadat die man vir hulle gesê het waar hy die gesteelde goedere weggesteek het, is hy aangerand.”Die man het op die toneel aan sy wonde beswyk. Die polisie veroordeel dié soort boendoehof waarin die gemeenskap die reg in eie hand neem. Die polisie belowe nóg arrestasies sal volg.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/drie-vas-na-mob-justice-n-lewe-eis-20190207

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.