Driejarige verdrink in vuil water

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

’N DRIEJARIGE seun het in Humansdorp in rioolwater verdrink.Kapt. Gerda Swart, ’n polisiewoordvoerder, sê twee kinders van ’n naby­geleë township het deur ’n gat in die KwaNomzamo Waste Water Treatment Works se heining geklim. Een van die kinders, die driejarige, het in die riool geval en verdrink. VerklaarDie ander kind het vir volwassenes gaan vertel, waarna die polisie ontbied is. Die kindjie se liggaam is uit die rioolaanleg gehaal. Paramedici op die toneel het hom dood verklaar. Horatio Hendricks, burgemeester van die Kouga-munisipaliteit, het sy medelye oorgedra aan die slagoffertjie se familie. Hendricks sê die munisipaliteit sal ’n deeg­like interne ondersoek doen om vas te stel wat presies gebeur het. Die kind se naam was teen druktyd nog nie bekend gemaak nie.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/driejarige-verdrink-in-vuil-water-20190115

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.