Drinkebroers skiet ou dood | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

KORT nadat die polisie aangekom het op ’n moordtoneel waar ’n man doodgeskiet is, is beslag gelê op drie vuurwapens en verskeie patrone.Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, sê Saterdag omstreeks 18:00 is die cops ontbied ná ’n skietvoorval in Durbanweg in Korsten.Toe hulle daar aangekom het, was Mohammed Sallah (25) reeds hospitaal toe geneem. Hy het later aan sy skietwonde beswyk.Naidu sê volgens inligting wat die polisie ontvang het, het Sallah en drie verdagtes saam gedrink.’n Stryery het tussen Sallah en die suspects uitgebreek.Die verdagtes het Sallah verskeie keer geskiet. Ná die skietvoorval het hulle weggehol.Naidu sê die rede vir die stryery en die skietery is in dié stadium onbekend.Volgens Naidu is die moordverdagtes bekend aan hulle en inhegtenisnemings sal binnekort volg.’n Moorddossier is aangelê.Terwyl die polisie nog op die toneel besig was, het lede van die sigbare bende-ingrypingspan en cops van Gelvandale se misdaadvoorkomingseenheid inligting ontvang dat vuurwapens moontlik in kamers agter ’n perseel gestoor word.Naidu sê toe die cops op dié inligting gerespond het, het hulle gesien ’n man gooi iets by ’n venster uit nadat hy die cops gesien het.Die cops het toe afgekom op ’n Glock-pistool.Toe die polisie die kamer binnegegaan het, het hulle afgekom op ’n .22-pistool.Volgens Naidu is ’n 32-jarige man in hegtenis geneem.Hy word aangehou op klagte van die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.Naidu sê toe die cops die kamers verder deursoek het, het hulle afgekom op nog ’n vuurwapen – ’n Lu­ger-pistool – en verskeie patrone.In nog ’n voorval Vrydagaand is Kelvin Hatches (26) buite sy huis in Ibex-straat in Helenvale vermoor. Naidu sê dit was omstreeks 20:30 toe ’n verdagte Hatches genader en op hom losgebrand het.Volgens Naidu het Hatch­es by sy yard ingehardloop, waar hy toe inmekaargesak het.Die motief vir die moord is in dié stadium onbekend.Die provinsiale bende-ondersoekspan ondersoek ’n moordsaak.Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/drinkebroers-skiet-ou-dood-20181028

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.