Droom is lewend | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

’N HADJIE, Mareldia Hendricks, is druk besig om die jong Jessica Burns te train vir ’n talentkompetisie oor ’n paar weke.Albei is van Strandfontein.Burns gaan in Desember in Johannesburg deelneem aan die Summer Heat Model & Talent Search nadat sy vroeër vanjaar tot die finals deurgedring het.Burns verduidelik: “Mareldia train my hoe om goed te dans, te model en te sing. Ek’s so bly.”Hendricks, wat nie haar ouderdom wou verklap nie is oud maar nog nie koud.“Ek leer myself nog elke dag,” vertel sy.Son het gaan inloer by een van hulle afrigtingsessies.Gedurende die sang-sessie van die afrigting het Hendricks Burns op haar rug op die grond laat lê en met een voet op haar maag getrap sodat haar stem beter kan uitkom.Hulle het onlangs ’n geldinsameling-show gehou om die trip Johannesburg toe moontlik te maak, maar dit was ’n flop.Burns en haar ma het alles gedoen om mense te kry om die funksie te kom support. Burns-hulle het die saal op skuld gekry.PLAT OPPIE RUG: Hendricks trap op Burns se maag sodat sy beter kan sing.Hulle het die tafels gedek met ’n klein bietjie chips, twee of drie lekkertjies en slangetjies.Burns en haar ma het oral in Strandfontein en Mitchells Plain posters gaan opplak.Hulle het skole, kerke, familie en vriende gevra om Burns te kom support, maar dit het nie gewerk nie.’n Kaartjie om Burns in aksie te sien, het net R50 gekos, maar net 10 mense het opgedaag.Die eienaar van die saal het later opgedaag, maar hulle het nie die geld gehad om die huur te betaal nie.Mense wat Burns wil help, kan haar bel by 073 983 6572.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.