‘Dros rapist’ sy werk kwyt

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIE ou wat daarvan beskuldig word dat hy ‘n sewejarige meisie in ‘n toilet by ‘n Dros-restaurant in Pretoria verkrag het, is by sy job gefire.Daily Sun berig Vodacom het op Twitter bevestig dat die sogenaamde “Dros-rapist” as verkoopskonsultant by ‘n Vodacom franchise-winkel in Pretoria gewerk het.“Die winkeleienaar het bevestig dat sy werkskontrak beëindig is oor die bewerings teen hom,” lui die twiet.Die man het gister weer in die hof verskyn.Politieke partye, burgerregtegroepe en gemeenskapslede het die hofverskyning bygewoon.Solly Msimanga, Tshwane-munisipaliteit se burgemeester, was ook onder die hofgangers.Vodacom het op Twitter reageerDie beskuldigde se prokureur, Rian du Plessis, het aan die hof gesê sy kliënt is na die voorval deur ‘n omstander met ‘n gebreekte bottel aangerand.Volgens die beskuldigde is hy ook deur polisielede van die Silverton-polisiestasie geskop terwyl hy push-ups moes doen.Hy is glo ook met ‘n belt aangerand.Die beskuldigde is nie gevra om te pleit nie en sal in aanhouding bly.

https://www.son.co.za/Nuus/NasionaleNuus/dros-rapist-sy-werk-kwyt-20181003

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.