Duisende pille in flat ontdek

Please log in or register to like posts.
Nuus
Duisende pille in flat ontdek

Update
Port Elizabeth

’N VERMEENDE dwelmhandelaar het sy gat gesien toe Mandrax-tablette ter waarde van R1,5 miljoen in sy huis gevind is.Die verdagte se huis is in Begoniarylaan in Linton Grange in die Baai. Lede van die provinsiale eenheid teen georganiseerde misdaad, misdaad-intelligensie en die polisie van Kabegapark het die huis Sondag omstreeks 05:00 deursoek.Die cops het op ’n tip-off gereageer en toe op die vonds afgekom. Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, sê die taakspan het op altesaam 26 000 Mandrax-pille afgekom. Dit was in ’n tas en nog twee sportsakke versteek.Die dwelms is gekry in ’n flat langs die huis. Die geskatte straatwaarde van die dwelms is R1 560 000. ’n Man (49) is in hegtenis geneem op ’n klag wat verband hou met dwelmhandel.Hy verskyn na verwagting vandag in die Baaise landdroshof. In ’n afsonderlike voorval is twee mans in Uiten­hage in hegtenis geneem vir die besit van khat. Kapt. Gerda Swart, ’n polisiewoordvoerder, sê die mans is Vrydag aangekeer danksy ’n paar op en wakker cops.Die polisiemanne het gesien die twee mans laai in Caledonstraat verdagte sakke af. Die beamptes het hul gut feel­ing vertrou en stilgehou om die mans te ondervra.“Toe die polisie hulle voertuig ondersoek, het hulle 100 bondels khat in die boot gekry. “Die waarde daarvan is R5 000.”Die twee verdagtes is onderskeidelik 35 en 39 jaar oud.Hulle is op die scene in hegtenis geneem.Swart sê daar is ook beslag gelê op die voertuig waarin die khat gekry is. Die verdagtes verskyn vandag in die landdroshof in Uitenhage. Swart sê die gebruik van onwettige middels is een van die hoofoorsake van gewelddadige misdaad.Die cops is geloof vir hul pogings om dwelms van die straat af te kry.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/duisende-pille-in-flat-ontdek-20180930

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.