Duisternis wyk nie | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Duisternis wyk nie | Die Son

KRY maar solank nog ’n pak kerse of twee, want dit lyk load shedding kuier nog ’n paar dae met ons.Suid-Afrikaners staan vanoggend op soos gisteroggend: met Eskom wat fase 4-beurtkrag toepas.Die kragreus het Saterdag binne enkele ure vanaf fase 2 na 3 en toe sommer na 4 gespring. Om sake te vererger is daar Saterdagaand vir die eerste keer deurnag beurtkrag toegepas. Dit was Sondagaand ook die geval.In ’n verklaring sê Eskom “beurtkrag word weens ’n tekort aan kapasiteit geïmplementeer”.Hoewel dit nog nie bevestig is nie, blyk dit beurtkrag kan tot laat in die week met ons bly, met rumours van load shedding tot Donderdag. Eskom het ’n beroep op verbruikers gedoen om geysers en ander nie-noodsaaklike elektriese toestelle gedurende die dag af te skakel om die vraag na elektrisiteit te verminder.Volgens Eskom “het verbruikers geen rede tot kommer nie en kan almal kalm bly. Die stelsel word doeltreffend beheer.”AflaaiPres. Cyril Ramaphosa, het Sondagaand in ’n verklaring gesê ’n deel van die huidige elektrisiteitstekort is weens die stormskade wat gerig is aan die Mosambiekse kraglyn wat loop vanaf die Cahora Bassa-hidro-elektriese kragstasie na Suid-Afrika.Intussen raai Eskom aan dat verbruikers die beurtkrag-skedule in hul omgewing moet raadpleeg vir wanneer hulle geraak sal word.Sonlanders kan die skedule ook aflaai by www.son.co.za. – Eie verslaggewer

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.