Earl se partner in hof

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIE voormalige Springbok­rugbyspeler en ’n vrou wat vermoedelik sy partner is, het gister vlugtig in die Stellenbosch-landdroshof verskyn.Earl Rose, wat op sy dag ’n veelsydige agterspeler was, en Lylette van Wyk word van diefstal aangekla.Dit was Van Wyk se eerste verskyning.Hulle het sowat drie weke gelede na be­wering elk ’n gholfstok uit gholfsakke in die Stellenbosch-gholfklub gegaps.Die gewaagde diefstal is deur die klub se sekuriteitskameras vasgelê.’n Personeellid van die gholfklub, Chris van der Merwe­, het toe aan Son gesê die twee was glad nie daar om te speel nie.GrypVan der Merwe sê hulle­ het toegang tot die klub verkry omdat hulle voorgegee het hulle wil die gholfwinkel daar besoek.In die video gryp ’n man en ’n vrou, vermoedelik Rose en Van Wyk, elk ’n stok uit die sakke, verwyder die covers daarvan en stap dan houtgerus uit.Rose het die stokke glo dieselfde week nog teruggevat­, maar hulle was blykbaar in ’n erg gehawende toestand.Die saak is tot Vrydag 29 Maart uitgestel vir nader ondersoek.

https://www.son.co.za/Nuus/Kaapsenuus/earl-se-partner-in-hof-20190218

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.