Eenheid laat bendes les opsê

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

DIE nasionale ingrypingseenheid wat in die Baaise noordelike gebiede ontplooi is, het groot suksesse behaal.Hulle sal nog in die volgende drie maande hier wees.Dié span van 30 lede het hul pligte begin uitvoer in die Baai ’n dag ná die polisie­minister, Bheki Cele, se besoek op 3 Desember vanjaar.Cele het op 10 Desember teruggekom na die gemeenskap om met hulle te praat oor die bendegeweld.Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, sê die eenheid word net in die noorde­like gebiede ontplooi en reageer op intelligensie en teiken-georiënteerde inligting. In ’n multidissiplinêre span-operasie is daar Maandag twee verdagtes (albei 22 jaar oud) gearresteer vir bendeverwante moorde. Op Vrydag 30 November is Karin Camilla Crafford (38) noodlottig gewond in ’n bendeskietery in Gailweg.Op 20 November is ’n 43-jarige man, Marlin Koopman, se lyk gevind in Rensburgstraat in Arcadia. VerskerpHy het koeëlwonde aan sy kop gehad. Albei verdagtes verskyn binnekort in die hof.Van 3 Desember af is altesame 12 vermeende bende­lede gearresteer vir misdade soos moord, poging tot moord, onwettige besit van vuurwapens, motordiefstal en motorkaping.Die provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Liziwe Ntshinga, het gesê: “Ons sal aanhou met ons geïntegreerde benadering om gemeenskappe te beveilig. Ons optrede sal verskerp word totdat ons tevrede is dat die area gestabiliseer het en die gemeenskappe veilig is.”Sy het ook ’n beroep gedoen op gemeenskappe om saam met die polisie te werk.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/eenheid-laat-bendes-les-opse-20181211

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.