Eenheid ‘proe reeds sukses’ | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIE nasionale intervensie-eenheid wat onlangs aangestel is om bendeverwante misdaad in die Baai stop te sit, het reeds die naweek suksesse behaal.Genl. Liziwe Ntshinga, die provinsiale polisiekommissaris, het die naweek aangekondig 30 lede van die nasionale intervensie-eenheid, die taktiese reaksie-span en die polisiëringeenheid vir openbare orde (Pops) sal by vyf stasies in die Nelson Mandelabaai-metro hulle pligte uitvoer.Dit sluit in die Motherwell- en Mountweg-polisiegroeperings wat proaktiewe polisiëring benodig om bendegeweld en ernstige misdade te bekamp.Die intervensie-eenheid werk vanuit albei clusters se operasionele bevelsentrums.Hulle sal die volgende twee maande in dié gebiede werksaam wees.Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, sê oor die naweek het die span op Gelvandale en Motherwell gefokus.Sy voeg by: “Op Sondag 15 Oktober was daar ’n swaar polisieteenwoordigheid in die noordelike gebiede. “Geen skietvoorvalle is tydens hulle diens daar aangemeld nie.“Vrydag het die provin­siale speurhoof, brig. Dan Bohata, saam met die speurders van Gelvandale gewerk om gesoekte verdagtes op te spoor. “Nege verdagtes is gearresteer vir misdade wat wissel van aanranding, aanranding met die doel om ernstig te beseer, opsetlike eiendomsbeskadiging tot die besit van dwelms.”Ntshinga sê hulle doelwit is om misdaad en geweld in dié areas aan te pak en ’n geïntegreerde benadering tot veiligheid te versterk.LT.GENL. LIZIWE NTSHINGAFoto: DEON FERREIRA“Ons sal ons aksies in albei clusters verder verskerp totdat ons tevrede is dat die areas gestabiliseer en die gemeenskappe veilig is.”Sy voeg by hulle het ook ’n opsporingspan van die provinsiale kantoor gestuur om die speurders te help om gesoekte en gevaarlike misdadigers uit te snuffel.Ntshinga vra die gemeenskappe weer om met die polisie saam te werk vir ’n gemeenskaplike doelwit – die veiligheid van al die inwoners.“Ons sal nie wetteloosheid duld nie. Ons moet beslag lê op onwettige vuurwapens wat in ernstige misdade gebruik word,” sê sy.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/eenheid-proe-reeds-sukses-20181017

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.