Eienaar kry diep in nag mes in kop

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

’N MAN het gister in die Baaise landdroshof verskyn nadat ’n huiseienaar van Gelvandale tydens ’n huisroof in die kop gesteek is. Kapt. Sandra Janse van Rensburg, ’n polisiewoordvoerder, het gesê Dinsdagnag is die voordeur van ’n huis in Virgostraat oopgeskop. GeskreeDie 37-jarige eienaar en sy vrou is met ’n mes gedreig.Daarna het ’n gestoei tussen die huiseienaar en die vermeende inbreker (31) uit­gebreek. Die huiseienaar is toe in die kop gesteek. Volgens Janse van Rensburg het die verdagte laat spaander toe die couple se seun uit sy kamer gekom en geskree het. Mountweg se trio-taakspan het hom kort daarna in hegtenis geneem. Die verdagte is nou aangekla van poging tot huisroof en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/eienaar-kry-diep-in-nag-mes-in-kop-20181122

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.