Eienaar vat rower vas | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

Deur  eie verslaggewerDinsdag, Januarie 08, 2019 07:00

Foto: IOL
 ~ 

DIE eienaar van ’n huis in Kabegaweg, Port Elizabeth, het ’n vermeende inbreker self gearresteer.Volgens kol. Priscilla Naidu, die Mountweg-polisiegroepering se woordvoerder, het die 31-jarige klaer Vrydag 02:15 wakker geword toe hy geluide in sy huis gehoor het.Hy het ondersoek ingestel en in een van die slaapkamers het die indringer (26) op hom afgestorm. Die klaer het hom gegryp en gekeer dat hy vlug.Hy het sy sekuriteitsmaatskappy en die polisie ontbied en die verdagte is aan die cops oorhandig.Die verdagte is in aanhouding op ’n klag van poging tot huisroof.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/eienaar-vat-rower-vas-20190105

Share this page to Telegram

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.