Einde van die Rohde in sig

Please log in or register to like posts.
News
Einde van die Rohde in sig

DAAR was geen tekens dat Susan Rohde selfmoord gepleeg het of dat sy haar eie lewe wou neem nie.Susan is vermoor – en haar man, Jason, sit daaragter. Só het adv. Louis van Niekerk, staatsaanklaer in die saak teen Rohde, gister in sy slotbetoë aangevoer.Susan se lyk is op 24 Julie 2016 in die badkamer van haar en Jason se hotelkamer op die Spier-wynlandgoed gevind. JolmeidSy en Jason, toe nog uitvoerende hoof van die eien­doms­maatskappy Sotheby’s, het die maatskappy se jaarlikse konferensie bygewoon.Van Niekerk sê Jason het sy vrou in ’n fight oor sy jolmeid, Jolene Alterskye, vermoor.Alterskye het onder Jason gewerk en was ook op die konferensie. Volgens Van Niekerk het Jason dit ná die moord soos ’n selfmoord laat lyk. Jason ontken van dag 1 af skuld. Hy hou vol sy vrou het haar met ’n haartang se koord aan die badkamerdeur verwurg. Hy erken die fight oor die jolmeid, maar sê hulle was nie handgemeen nie. Van Niekerk het die hof gister gevra om die bewyse in die geheel te bekyk. Hy sê Susan was ’n fight­er. “En daar wás ’n fight. Daar was bloedspatsels in die kamer om dit te bewys. “Sy het ook beserings gehad wat op ’n fisieke fight dui. Dis hoogs onwaarskynlik dat sy net so, vol bloed en nog met haar make-up aan, sou gaan slaap het. Sy het dalk gelê, want daarvan is daar bewyse, maar sy’t beslis nie geslaap nie.”Van Niekerk hou ook vol die bewyse toon duidelik dat Susan nie gehang het nie.Van Niekerk het die hof herinner aan die getuienis van Akmal Khan, staatspatoloog, en kol. Danie Poolman.Poolman het die koord getoets waarmee Susan haar glo gehang het. Hy het getuig die koord kon nie Susan se gewig dra nie. Khan het getuig die merk om Susan se nek is ná haar dood gemaak. Volgens hom is sy gewurg. Van Niekerk het ook genoem dat Susan se familie en verskeie dokters getuig het dat sy nooit haar eie lewe sou neem nie. Haar sielkundige, Jane Newcombe, het gesê Susan was angstig oor die trip Spier toe oor Jolene ook daar was, “maar sy het geen selfmoordneigings getoon nie”.Haar algemene praktisyn, dr. Lize-Marie Steenkamp, het getuig Susan was effe depressief en het gesukkel om te slaap. Sy het medikasie hiervoor voorgeskryf.Die verdediging het Steenkamp gekap oor die teenreaksies wat dié pille op ’n depressielyer kon hê. “Tog was daar geen teken van die medikasie in haar bloed nie. Dus kon die medikasie haar nie tot selfmoord gedryf het nie.”

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply