Ek het gedog my man het sy dinge laat staan

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

Liewe Antie MonaTOE ek my man, R, ontmoet het, was hy ’n player.Hy was net die ou en het gedink elke meisie val vir hom en sy kaarte.Om eerlik te wees, sy arrogansie het my in die begin afgesit en ek het nie veel ooghare vir hom gehad nie, maar hy ken van aanhou, Antie.En nadat een van my vriendinne my ge-dare het dat ek nie op ’n date saam met hom sal gaan sonder om vir hom te val nie, het ek besluit om my vriendin te wys sy maak haar laat.R verras my toe die aand lekker, Antie, want hy was toe glad nie so ’n slegte ou nie, en ons was ná daardie aand weer op ’n date.R het gesê hy is glad nie die rokjagter wat mense dink hy is nie en ek het hom geglo.Ons het ses maande gedate toe ek besef ek is swanger­. R het my bygestaan ge­durende die pregnancy, en toe ons seuntjie ’n jaar oud was, het ons getrou.Dit was vyf jaar gelede. Ek het gedog ons is gelukkig getroud totdat ek so ’n maand gelede agtergekom het R is weer besig met sy streke.Ewe skielik kan hy nêrens gaan sonder sy phone nie en wanneer ek snags wil slaap, is hy nog laatnag besig op die phone.As ek kla, sê hy hy chat met sy pelle, maar mans chat mos nie so laatnag met mekaar nie.Hy was een oggend in die shower toe ek besluit om sy phone te check.Tot my skok vind ek hy chat met verskeie­ meisies en vir elkeen van hulle sê hy hy is single.Toe ek hom daarmee konfronteer, het hy dié kant toe en daai kant toe verskonings gemaak.Maar uiteindelik het hy erken dat hy al ’n paar van dié meisies ontmoet het met wie hy so chat.Hy het gesê niks het tussen hulle gebeur nie, maar ek weet nie of ek hom kan glo nie, want ek vertrou hom nie meer nie.Wat die situasie nog erger maak, is dat ek vermoed ek is weer swanger.Dinge is nie lekker tussen my en my man nie. Ek het hom nog nie eens vertel ek dink ek is weer pregnant nie.Dit voel asof my lewe uitmekaarval. Ek weet nie wat om te doen nie. Gee asseblief raad. – DesperaatAi, vrou, dít was seker die laaste ding op aarde wat jy verwag het.Antie mean maar, vir jare glo jy dat dié charmer van ’n man sy streke laat staan het, net om met ’n skok uit te vind dat hy steeds sy luck by ander vroue try.Of jou hubby net met dié vroue gechat het, soos hy sê, kan Antie nie sê nie.Al wat ek weet, is dat ’n huwelik of verhouding nie sonder vertroue kan floreer nie.Julle sal albei moet besin oor die toekoms. Jy sal eers sekerheid moet kry oor of jy swanger is en die nuus met hom moet deel.Jy het ’n man nodig vir jouself en ’n pa vir julle kinders, nie ’n man wat tussen elke liewe vrou se boude wil wees nie.Dis tyd dat hy sy gat in rat kry en besluit wat hy uit die lewe wil put. Daar is immers meer as genoeg Polo Playas op ons paaie.

https://www.son.co.za/naughty-corner/Antiemona/ek-het-gedog-my-man-het-sy-dinge-laat-staan-20190313

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.