Ek is nie meer so seker van HCW se effektiwiteit nie. Ek betaal nou…

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Helderberg

Ek is nie meer so seker van HCW se effektiwiteit nie. Ek betaal nou al vir ongeveer 15 jaar elke maand my HCW diens, en het, sover ek kan onthou, nog net twee keer gebel vir diens. Die eerste keer was ‘n paar jaar gelede, toe ek tuis kom en ‘n verdagte binne my erf vind, wat vertel dat hy vis verkoop. Nadat ek hom ondervra het en hom erg verdag gevind het, het hy sy sakke omgedop en verklaar dat hy niks gevat het nie. Met ‘n dreigement, het ek hom laat gaan. Die volgende oomblik het my vrou uit die huis gekom saam met ons kleinseun en dit het duidelik geword dat hy ‘n sy-hek wat gesluit was, oop forseer het, agterom die huis gekom het, die huis in is en geld uit haar beursie geneem het en toe by die voordeur uitgekom het (wat van binne gesluit was). Ek het dadelik vir HCW geskakel en julle het dadelik ‘n patrollievoertuig uitgestuur. Terwyl ek en my skoonseun, wat intussen opgedaag het, om die blok gejaag het met twee voertuie om die man op te spoor, het die HCW-beampte my gebel om te vra hoe om by ons adres uit te kom. Verbeel jou! Natuurlik was dit te laat toe hy uiteindelik opdaag!

Vandag het ek geskakel na die HCW-nommer om te vra dat hulle ‘n rondloper wat homself nou al oor ‘n paar weke daaraan skuldig maak dat hy in ons doodloopstraat opdaag met vuilgoedsakke wat hy wegdra en dit dan hier leegmaak op soek na buit en dan die gemors op die straat agterlaat, te kom verwyder. Dit was natuurlik nie ‘n noodtoestand nie, maar wat as dit was? Vir eers, kom ek toe by Vetus Schola se oproepsentrum uit en noem dat dit ‘n HCW-oproep is. Die agent vra my toe uit oor die situasie en my adres en na baie minute, plaas sy toe die oproep deur na ‘n HCW-agent en toe moes ek van vooraf die storie vertel. Die agent vertel my toe dat hulle dadelik iemand uitstuur. Teen hierdie tyd het die man reeds die pad gevat en sy gemors agtergelaat. Tien minute later daag hier toe ‘n Vetus Schola-man op ‘n motorfiets op en dit was duidelik te laat. Hy verklaar toe plegtig dat hy slegs twee kilometer weg was en onmiddelik gekom het toe hy die oproep kry. Duidelik is die kontaksentrum van Vetus Schola onbevoeg om sodanige oproepe te ontvang en aksie te neem. Vir eers, behoort die Vetus Schola-stelsel te sien dat ek die HCW-nommer geskakel het en die oproep direk na ‘n bevoegde agent te gestuur het.

Ek ys om te dink wat sou gebeur as ons ‘n noodgeval sou ondervind. Watter nut het HCW nog, terwyl ek in elkgeval ‘n ADT-rekening het? As afgetrede burger kan ek dit nie regtig bekostig as dit geensins help om my en my vrou te beveilig nie.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

3 comments on “Ek is nie meer so seker van HCW se effektiwiteit nie. Ek betaal nou…

Leave a Reply

Your email address will not be published.