Ek is pregnant, maar wie is my kid se pa?

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

Liewe Antie MonaEK DINK ek is pregnant, maar weet nie wie die pa is nie.Dit het die aand van ons matriekafskeid se afterparty gebeur.Ek het daardie aand met twee outjies in my klas geslaap.Ek was baie dronk, Antie. Nou weet ek nie wat om te maak nie. My ouers weet ook nog nie en ek is te bang om vir hulle te sê. – M van K, WhatsAppAi, liefie. Jou matriekafskeid- geselligheid is suppose om die highlight van jou skoolloopbaan te wees.Nie die plek waar jy wonder wie jou kind se daddy is nie.Antie hoop darem jy kan onthou met watter twee boys in jou klas jy geslaap het.Hierdie is iets wat jou toekomsplanne kan deurmekaar gooi.Ál way hoe jy agter die kap van die byl kan kom, is deur ’n vaderskapstoets.Jy sal ook ál jou moed moet bymekaarskraap en jou ouers oor jou situasie inlig.Hulle gaan teleurgesteld wees in jou en jy kan hulle nie daarvoor blame nie. Maar hulle sal jou ook nie verstoot nie.Jy het nou jou ouers brood­nodig om jou te guide oor die pad vorentoe en hoe jy alles gaan hanteer.Kan jy nou sien hoe ’n lekker afterparty nie so lekker kan uitdraai nie?Laat
jou ouers jou guide oor hoe om uit te vind wie jou kind se pa is sodat
daardie seun ook sy verantwoordelikhede teenoor julle baby kan nakom.Hy kan maar stry soos hy wil, hy sal nie teen die uitslag van ’n vaderskapstoets kan stry nie.

https://www.son.co.za/naughty-corner/Antiemona/ek-is-pregnant-maar-wie-is-my-kid-se-pa-20181205

Reactions

Nobody liked ?