‘Ek sê niks toe sy hart stop’

Please log in or register to like posts.
News
‘Ek sê niks toe sy hart stop’

AS DIE ambulans vroeër daar was, sou hy dalk nog gelewe het.In ’n bebloede vertrek het Mark Stallenberg (39) se meisie en vriende by hom gesit en met hom gepraat om te keer dat hy die wêreld groet.Hy is Sondagmiddag in die nek en bors geskiet en is in sy eie huis oorlede. Sy vriendin van sowat drie jaar, Carol-Ann Opperman (28), is in die lae rug getref en is tans in die hospitaal.Volgens kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, het die skietvoorval omstreeks 15:00 plaasgevind in Chamoisstraat in Helenvale.Bende“Daar word beweer Stallenberg en sy vriendin was in die kamer in sy huis toe twee mans die huis deur die agterdeur binnegegaan het. “Skote is op die paartjie gevuur. tot siens: Jacques Jonas beskryf Mark Stallenberg as ’n lieflike en hulpvaardige persoon.“In dié stadium is die motief vir die aanval onbekend. Die slagoffers behoort nie aan ’n bende nie.” Die provinsiale bende- ondersoekeenheid ondersoek ’n saak van moord en poging tot moord.Jessica Francis (29), ’n tjommie van Mark, was ook daar tydens die skietery. Sy het ’n klop aan die deur gehoor en toe sy oopmaak, het die twee verdagtes ingebars. Stallenberg het toe op die bed in die huis gelê. “Hulle het toe die gun gecock en twee skote afgevuur. “Die een het my op die kooi gestamp, maar toe hardloop ek uit en skree vir my ma,” sê ’n tranerige Francis. Die verdagtes het intussen weggehardloop. Francis­ het Stallenberg toe by die buite-toilet gevind.Opperman het daar met haar besering en al by hom gesit en met hom gepraat.skok: Jessica Francis se vriend, Mark Stallenberg, het voor haar gesterfMorné Campher (39), ’n neef van Mark, is nou nog in skok. Hy het ná die skietery by die huis aangekom en sy nefie se nek vasgehou, maar die bloed het steeds uitgespuit. Stallenberg het nog ’n rukkie gelewe.“Ek het heeltyd sy hartklop gevoel en dit het ál swakker geword. “Toe sy hart ophou klop, wou ek sy meisie nie gesê het nie. “Ons het ’n uur vir die ambulans gewag,” vertel Campher.Die polisie was vinnig op die toneel en het die huis afgebaken. Geen verdagtes is al in hegtenis geneem nie.Jacques Jonas (28), wat ook saam met Stallenberg gebly het, beskryf hom as ’n lieflike en hulpvaardige man wat altyd ander se appliances herstel het. Stallenberg laat ook vier kinders agter.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply