Ek val vir ’n ou vriend, maar hy is ’n toe boek

Please log in or register to like posts.
News
Ek val vir ’n ou vriend, maar hy is ’n toe boek

Liewe Antie MonaSOWAT ’n jaar gelede het ek ’n ou skoolvriend in ’n mall raakgeloop.Antie, ons was destyds baie close. Daar was niks romanties tussen ons nie, maar hy was iemand op wie ek kon staatmaak.Hy het my altyd gehelp met my skoolwerk, en as dit nie vir hom was nie, het ek seker nie my skoolloopbaan voltooi nie.Ek het altyd gedink daar sal meer as vriendskap tussen ons wees, maar my matriekjaar het so hectic uitgedraai dat ons nie daarby uitgekom het nie.Dis omdat ek my ma daai jaar verloor het, Antie. So, dinge was behoorlik deurmekaar.Ewe skielik het ek nie meer ’n ma gehad nie, en ek moes tussen my skoolwerk deur ook na my jonger boetie en sussie kyk.OorleefDis omdat my pa die dood van my ma nie kon hanteer nie en erg aan die drink gegaan het.Sy drinkery was so erg dat hy sy werk verloor het, en skielik was daar nie meer ’n inkomste nie.Ons moes oorleef op die aal­moese van familielede en die mense­ in ons straat.Dis in dié moeilike tyd dat W my altyd aangemoedig en moed ingepraat het.Hy het my laat glo dat niks onmoontlik is nie en dat ek my nie deur my probleme moet laat onderkry nie.Antie, hy het my elke dag opgebeur, maar toe ek eendag ná ’n skoolvakansie by die skool kom, is hy nie meer daar nie.Toe ons weer ontmoet, het hy my vertel dat hulle moes trek omdat sy pa op ’n ander plek werk gekry het.Hy het om verskoning gevra dat hy my niks gesê het nie. Hy het gesê hy wou my nie ontstel met die waarheid nie.Ons is albei nou geskei en ek was eerlik oor hoekom my en my man se huwelik nie uitgewerk het nie.Hy was nie baie gretig om oor sy mislukte huwelik te praat nie.Dit het my ’n bietjie gepla, maar ek wou hom nie forseer om my te vertel nie.Ons het ’n paar keer gaan uiteet, en ek moet sê ons geselskap droog nooit op nie.Ek praat openlik oor ál die dinge wat al in my lewe gebeur het, maar nes hy land en sand kan praat oor ál wat ’n onderwerp is, is hy ’n toe boek oor sy sake.Ek is besig om vir hom te val, maar ek is vrek bang hy breek eendag my hart. Dink Antie hy steek iets weg vir my? – S van BAntie is bly dat Cupid weer ’n slag vir jou knipoog, maar aan die ander kant is dit ook verstaanbaar dat jy bang is daarvoor dat dié ou dalk met jou speel.Antie mean maar, dis nou al ’n jaar dat jy wonder wat in sy lewe aangaan.’n Mens kán argue en sê hy is maybe iemand wat nie hou daarvan om oor sy persoonlike sake te praat nie.Maar as julle mekaar nou al ’n jaar lank sien én daar is die possibility van romanse, dan sal julle mekaar se ins en outs móét weet.As jy seker is dat hy ook vir jou val, stel Antie voor jy praat met hom oor jou concerns.Hopelik het hy ’n redelike verduideliking vir sy swye oor sy verlede, en hopelik ontdooi hy in ’n gesprek daaroor, dalk in so ’n mate dat hy meer van homself in jul relation­ship stort.Om ligte oomblikke met iemand te hê, is natuurlik altyd nice, maar daar kom ’n tyd dat ’n mens ook ernstig moet wees. Die lewe is immers nie nét jokes nie.

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.