‘Ek wou victim eintlik help’

Please log in or register to like posts.
News
‘Ek wou victim eintlik help’

’N VERMEENDE killer het gister in die hof gedemonstreer hoe hy die man van wie se moord hy aangekla word, probeer ophelp het toe hy hom langs die pad sien lê het.Khawulelani Gqunta (19) staan in die Baaise hooggeregshof saam met Jean-Claude Uithaler (25) en Sinethemba Mfihlo (18) tereg op ’n moordklag nadat Quinton David Williams op 14 Junie 2014 doodgemartel is.Williams was ’n bewaarder by die St. Albans-gevangenis.Volgens Gqunta was hy en ’n pel, ene Ayanda, op die noodlottige aand op pad terug huis toe van Zola’s Tavern toe hulle ’n man langs die pad sien lê het.Gqunta het getuig die man se voete het beweeg.Hy het gesê nadat hy die man aan Ayanda uitgewys het, het hy in die rigting van die man gestap.Hy het verduidelik toe hy die lêende man die eerste keer sien, was hy so 2 m tot 3 m weg van hom.Gqunta kon nie onthou of hy met die man gepraat het nie.Gister het hy met die hulp van die ondersoek­beampte in die saak, sers. Conrad Goosen, aan die hof ge­demonstreer hoe hy die lêende man probeer op help het.Goosen, wat die victim uitgebeeld het, het op die vloer in die hof gelê, met sy hande langs sy sye.Gqunta het toe gedemonstreer hoe hy bo-oor die victim gestaan het, met sy voete aan weerskante van die victim se sye.Hy het toe gewys hoe hy die victim met sy hande onder sy blaaie beetgekry en hom opgelig het totdat hy in ’n sittende posisie was.Die slagoffer se bene was in daardie stadium reguit voor hom uitgestrek.Volgens Gqunta het hy die slagoffer toe heen en weer beweeg.Die man het nie gepraat nie.Volgens Gqunta was die slagoffer nog wakker, want hy het beweeg.Gqunta het gesê die slagoffer se gesig was vol bloed.Volgens Gqunta was die victim baie swaar.Hy het gesê hy kan nie onthou of hy die man op die grond laat terugval het en of hy hom neergelê het nie.Toe adv. Garth Baartman, staatsaanklaer, by Gqunta wou weet hoekom hy nie toe hulp gaan soek het nie, het hy geantwoord toe hy in sy kamer kom, was dit reeds laatnag en het die meeste mense reeds geslaap.Hy het bygevoeg hy het niemand wakker gemaak nie, want hy was onder die invloed van sterk drank.Gqunta het gesê die next oggend toe hy saam met die cops op die misdaadtoneel was, het hy hulle nie meegedeel hy wou die slagoffer vroeër help nie.Hy het aan die hof verduidelik eers toe die polisie die aantyging maak dat hy moontlik by die moord betrokke is, het hy hulle vertel hy wou die man vroeër probeer help.Volgens Gqunta het hy nie weggehardloop toe die polisie by sy huis stilgehou het nie.Hy het gesê hy was besig om bottels agter sy huis te collect.Die saak dien voor regter Irma Schoeman.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.