Eks soek bail | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Eks soek bail | Die Son

’N MAN wat glo sy eksmeisie ten aanskoue van hulle tienerdogter doodgeskiet en die dogter in die voet geskiet het, soek nou bail. Maar die vuurwapen wat na bewering in 2017 in die voorval gebruik is, is steeds soek.William Booth, ’n lawyer, het die borgtog-aansoek van Wayne Law­rence van Montana gister voor die Kaapse hooggeregshof gebring. Lawrence (41) word al langer as ’n jaar aangehou nadat hy sy eksmeisie Angela Marinus (35) glo in haar ouerhuis se driveway in Montevideo in die kar doodgeskiet het. Marinus is op die toneel dood. Lawrence is verlede jaar in Augustus borgtog geweier in die Bishop Lavis-landdroshof. Booth sê daar is nie bewyse dat Lawrence gewelddadig sal wees teenoor sy dogter of enige iemand anders nie. Regter Nolwazi Boqwana wou weet of die inhoud van die interdik wat Marinus vroeër teen Lawrence gekry het nie as bewys hiervan kan dien nie. “Sy sê in die interdik as hy nie sy sin kry nie, raak hy violent.”Booth sê die interdik se inhoud handel oor die emosionele probleme wat daar voor die voorval tussen Marinus en Lawrence was. “Dinge is nou anders. Hy het nie in die jaar probeer kontak maak met sy kind nie. “Daar is nie bewyse dat hy haar sal kwaad aandoen nie.”Adv. Evadne Kortje, staatsaanklaer, het die aansoek teengestaan. Sy sê behalwe dat die kind haar ouers se huishoudelike geweld moes aanskou het, is sy glo ook ’n slagoffer van haar pa se dade. “Die kind is ook ’n getuie in die saak,” het Kortje gesê.Lawrence se vorige oortreding van poging tot moord is ook aan die hof voorgehou. Toe hy 20 jaar oud was, het hy glo ’n familielid so erg aangerand dat dié by die dood omgedraai het. Behalwe dit was daar ook ’n klag van ontvoering wat teen hom gemaak en later teruggetrek is. Lawrence het glo ook Marinus se nuwe kêrel met ’n gun gedreig.Kortje is ook bekommerd oor die beweerde moordwapen wat weg is. Boqwana het vir Booth gevra: “Waar is die gun?” Booth kon egter nie die vraag beantwoord nie. Uitspraak is voorbehou.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.