Erge skade aangerig tydens betoging

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

VYF huise en twee karre is afgebrand met nege mense wat in die hospitaal behandeling ontvang. Dít was tydens gewelddadige betogings in Bathurst naby Port Alfred. Die voorval het om 17:00 Sondag begin toe lede van ’n politieke party aan ’n motorcade deelgeneem het, sê brig. Thembinkosi Kinana­, ’n polisiewoordvoerder. Tydens die motorcade het groepe gemeenskapslede klippe gegooi na voertuie en ander lede van die gemeenskap aangeval. “Op omtrent dieselfde tyd het ’n report deurgekom dat ’n huis aan die brand gesteek is. En net ’n kort rukkie later het nog huise gebrand. Toe kom reports deur dat voertuie ook brand.”ToelaatVerskeie sake van brandstigting, opsetlike saakbeskadiging en aanranding word ondersoek. Vyf verdagtes tussen die ouderdomme van 20 en 55 is reeds gearresteer, met nog arrestasies wat gaan volg. Lt.genl. Liziwe Ntshinga, provinsiale polisiekommissaris, het gesê: “Ons kan nie toelaat dat mense se huise aan die brand gesteek word nie, ongeag enige uitvalle of watter redes ook al.”

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/erge-skade-aangerig-tydens-betoging-20190211

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.