Estina ‘pocket R334 miljoen’ | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Estina ‘pocket R334 miljoen’ | Die Son

BANKSTATE wys die Vrystaatse regering het in minder as twee jaar R334,2 miljoen aan die Indiese maatskappy Estina betaal.Netwerk24 berig die bankstate toon die Guptas se betrokkenheid by die suiwelplaas-skema in Vrede is veel groter as wat aanvanklik vermoed is. Die betalings is tussen Julie 2015 en April 2016 gedoen.BedryfDie bankstate wys ook die Vrystaatse departement van landbou het somtyds tot R50 miljoen op ’n slag aan Estina betaal.Die statements is vir Estina se Standard Bank-rekening in Bedford Gardens.Estina was veronderstel om die Vrede-suiwelplaas namens die departement te bedryf.Die maatskappy moes dieselfde bedrag geld teruggeploeg het in die plaas, maar volgens die state het dit nooit gebeur nie. – News24

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.